Andre Ligthelm FPSSA, DPSSA

André Ligthelm is ‘n spesialis natuurfotograaf.  Sy kenmerkende styl is diere- en voëlgedrag in natuurlike habitat met so min as moontlik omliggende obstruksie om die hoofaktiwiteit te aksentueer.  Dit skep die gevoel  van minimalisme, eenvoudige beeldontwerp en beweging/dinamika met kenmerkende tegniese vaardighede.  Addisioneel tot die voorbereiding van beelde vir AFO,  salonne en ander kompetisies, is hy ook besig met die fotografiese dokumentering van Suider-Afrikaanse diere en voëls.

Komplimentêr tot voël en diere fotografie, het hy ook groot belangstelling in makro- en landskapsfotografie.  Alhoewel hy hoofsaaklik in kleur werk, bied sekere beelde uistekende geleenthede vir monochroom verwerking.

Sy belangstelling in natuurfotografie het reeds in sy laerskool jare ontstaan, tydens hullle talle familiebesoeke aan die Krugerwildtuin wat toe nog slegs grondpaaie, basiese fasiliteite en min besoekers gehad het.  Hedendaags is André en Annette se voorkeur destinasies die Etosha, Kgalagadi en die talle natuurgebiede in Botswana.  Natuurgebiede met min mense en verkeer en slegs basiese geriewe bied nie net dieper natuurbelewenisse nie, maar ook meer unieke fotografiese geleenthede.

André het verskeie fotografiese toekennings ontvang wat onder andere die volgende insluit:  APSSA in skyfies, APSSA in digitaal en FPSSA (HD) digitaal.  Hy het ook sy DPSSA verwerf met  sy meer as 1 100 salonaanvaardings.  Benewens al sy salonaanvaardings, het hy ook verskeie medaljes en COM’s by Nasionale en Internasionale salonne verwerf.     Verskeie van sy beelde is in boeke en tydskrifte gepubliseer.  Hy het ook al verskeie kere die PSA (Photographic Society of America) Honourable  Mentions ontvang vir sy Internasionale salonaanvaardings asook plasings in die AGFA Wildlife Awards.

AFO het ook in 2005 ‘n trofee aan André toegeken vir “Uitnemende Diens aan AFO en Fotografie”.

André het in 1986 by AFO  aangesluit en is dus reeds 34 jaar lid van AFO.   Hy het vir 10 jaar op die AFO-bestuur as penningmeester gedien.  Gedurende die tyd  het AFO se bevorderingsklasse verander van die oorspronklike vier klasse (Beginners, Intermediêr, Gevorderd en Meesters) na die huidige vyf ster- en drie meestersklasse.

Zambezi fish eagle

Water departure

Territorial action

Hartmans zebra interaction

At variance

Austrian Alps

Playing lions

Playing lions (3)

Late afternoon drink

Jumping springbok

Fish eagle catch

Close to water

Serious fight

Sunlight spot

Zebra interaction