Jaareind resultate 2023
1. Ere-toekennings vir 2023
Lewenslange lidmaatskap: Johan Mader
Goue Diensmedalje: Neels Jackson
Voorsitters toekenning: Louise Jackson
Willem Semelink
Cor Rademeyer
2. Wissel trofee wenners vir 2023
Beste foto’s van die jaar 2022-2023
In die fotografiejaar van Julie 2022 tot Junie 2023 is daar 1 394 foto’s by Afo se twaalf klubaande ingeskryf.
Van hierdie foto’s het 55 of 3,95% merietetoekennings gekry. Daar was 1 141 of 81,85% goue toekennings. Daar was 196 of 14,06% silwer toekennings. En daar was 2 diskwalifikasies.
By elke klubaand word daar in elke kategorie ’n junior en ’n senior kategoriewenner aangewys. Soms gebeur dit dat daar nie junior inskrywings in ’n kategorie is nie, dan word daar net ’n senior kategoriewenner aangewys.
In elk van die die vyf vaste kategorieë wat elke maand aan die beurt kom - Natuur (voëls uitgesluit), Natuur (slegs voëls), Landskappe, Sport en Piktoriaal - kan daar dus deur die loop van die jaar 24 kategoriewenners aangewys word. In die kategorie Monochroom wat vier keer ’n jaar aan die beurt kom, kan daar 8 katergoriewenners deur die loop van die jaar aangewys word, en in elk van die die ander roterende kategorieë wat twee keer per jaar aan die beurt kom - Visuele kuns, Makro, Menslike portrette en Fotojoernalistiek - kan daar vier kategoriewenners wees.
Ons het drie buite-beoordelaars gevra om vir ons uit al die kategoriewenners die wenfoto’s van die jaar te kies. Die beoordelaars wat ons vanjaar gehelp het, was Francois Venter van die National Photographic Club, André Norris van Centurion Camera Club en Willie Labuschagne van Magalies Foto Fun Club.
In die vyf vaste kategorieë het hulle telkens ’n eerste, tweede en derde plek aangewys en in die vyf roterende kategorieë telkens net ’n wenner. Op hierdie manier word die twintig wenfoto’s geïdentifiseer uit die 1394 foto’s wat klublede deur die loop van die jaar by Afo ingeskryf het.
Die aantal foto’s wat deur die loop van die jaar per kategorie ingeskryf is, is soos volg:
- Natuur (slegs voëls) - 300
- Natuur (Voëls uitgesluit) - 256
- Piktoriaal - 203
- Sport 177
- Landskappe - 168
- Monochroom - 81
- Menslike portrtette - 32
- Makro - 30
- Foto-joernalistiek 22
- Visuele Kuns - 13
Wenners vir 2023
Afo Senior fotograaf van die jaar: Koos Delport-Wisseltrofee
Wenner: Dirk Heyns
2de plek: Johan Orton
3de plek: Tania Cholwich
Afo Junior fotograaf van die jaar: Afo wisseltrofee
Wenner: Carima van den Berg
2de plek: Elsa van Nieuwenhuizen
3de plek : Rina Hattingh
Meeste digitale jaarpunte: Predicate Wisseltrofee
Wenner: Carima van den Berg
2de plek: Dirk Heyns
3de plek: Johan Greyling
Meeste salonpunte: GGF Venter Wisseltrofee
Wenner: Dirk Heyns
2de plek: Johan Orton
3de plek: Tania Cholwich
Beste prestasie in Impala trofee kompetisie:
Wenner: Sal later aangekondig word
2de plek: Sal later aangekondig word
3de plek : Sal later aangekondig word
Beste Natuurfotograaf: Tania Cholwich
Beste Landskapfotograaf: Cor Rademeyer
Beste Sportfotograaf: Dirk Heyns
Beste Piktoriale fotograaf: Elza van Nieuwenhuizen
Beste Voëlfotograaf: Hennie Niemand
Beste Veelsydige fotograaf: Neels Jackson