Naas Rautenbach FPSSA

My eerste kamera was ‘n Kodak ‘box’ kamera, en as ‘n fotografie stokperdjie kon ek later jare opgradeer na ‘n enkel-lens swart-en-wit film kamera, danksy verjaarsdag- en Kersfees kontant geskenke.  Films en ook afdruk ontwikkeling was duur vir ‘n skolier met beskeie sakgeld.  Gelukkig het die skool ‘n donkerkamer gehad en kon ek onder die leiding van ‘n ervare onderyser leer hoe om films te ontwikkel en afdrukke te maak.  Aan huis het Boetie soms die gesin se badkamer oorgeneem vir ontwikeling.  As sulks kon ek later, as ‘n bevare seeman 2de klas (how low can you go?),  my ervarings aanboord van ‘n vloot skip (S.A.S. Vrystaat) fotos geneem van oorlogs-oefeninge saam met ‘n Britse vloot vliegtuig-draer (H.M.S. Spiegel Grove) en drie ondersteunings frigate.  Basis fasiliete by Gordons Baai en Saldanha het ook unieke foto geleenthede gehad vir ‘n Vaalpens. 

 

Die fotografie vlooi het toe reeds hard gebyt en metterjare kon ek opgradeer na my eerste digitale D100 Nikon kamera ex Ludwig Jacobs.  Meteens kon mens sonder beduidende kostes, duisende fotos neem en verwerk met ‘n rekenaar.  Toe was die probleem wat moet jy alles weggooi en slegs die beste beelde liaseer.

 

Later jare is ek aangestel as Kurator van Soogdiere by die Ditsong (=Transvaal) Museum van Natuurstudies.  ‘n Kurator se verpligtinge behels die dokumentering van die diversiteit van S.A. natuur-diwersiteit.  Dit behels die versameling van eksemplare en dokumentering van tersaaklike data (wetenskaplike naam, datum, geslag, ouderdom, lokaliteit, voorbereiding ens.). Die eksemplare word in die navorsings versameling opgeneem, asook fotografiese beelde van die lewende eksemplare alvorens dit verwerk is as museum studie-materiaal.  Tot op daardie stadium was my fotografie maar ‘rof en onbeskof’.  Die alombekende Ludwig Jacobs het voorgestel dat ek, asook Annalene (dogter), aansluit by AFO.   So gese, so gemaak. Later jare het Kobie (wederhelfte) ook aangesluit. Destyds het AFO in ‘n saal by Tukies vergader.  Daardie jare was Oom Koos Delport die ‘doyen’ by AFO.  Oom Koos het ons onder sy vlerk geneem en net daar het ons geleer van kwaliteit asook hoe om kritiek in ‘n positiewe lig te sien.  Aldus het fotografie beide ‘n passie, ‘n loopbaan faset asook ‘n stokperjie geword.

 

Destyds het AFO drie kleur-skyfies per vergadering per lid  verwag.  Voor die vergadering het lede die skyfies aan die operateur oorhandig wat die material in kasette gerangskik en dit, onder leiding van die voorsitter, die beelde geprojekteer vir beoordeling.  Soos nou, was destyds ook drie beoordeellaars.  Algaande het ons die bevorderings leer geklim, netsoos tans.

 

En toe:  15 jaar gelede, bekom ons ons eerste digitale kameras.  Ek is steeds ‘n Nikon man wyl Kobie en Annalene Canon verkies.   Vir my is hierdie situasie wonderlik want niemand verwag om my toerusting te leen nie.

 

Kobie was / is ook ‘n bioloog.  Sy het vir jare as redaktriese by die Nasionale Parkeraad gewerk; as sulks kon ons gratis toegang tot enige Nasionale Park verkry.  Aanvanklik was ek die enigste fotograaf in die kar.  Kobie het toe besluit om ook maar fotos te neem om haar verveeldheid wyl ek kliek, teen te werk.  Dit het toe lekker as span saamgewerk; Kobie is kunstig en verstaan komposiesie en kleur, wyl ek weer meer tegnies ingesteld.  As span het ek bestuur met my Nikon fotografie toerusting op die voorste pasasiers sitplek, en Kobie op die agterste bank met haar Canon toerusting.  Kamera stellings is oor-en-weer uitgeruil.

 

Albei van ons het nou twee kameras en ‘n verskenheid lense, dws makro, 50mm, 105mm makro, 17-35mm, 28-70mm, 70-200 telelens asook ‘n 500mm f4 telelens.   Driepote, boontjie sakke, water bottels, termos flesse, geduld pille,  ‘ugly pills’ ens., ens., ens.  het die kar volgele.

 

Meeste van my dierkunde navorsing was / is toegesits op vlermuise en met die hulp van infra rooi strale wat of die kamera of die flitse aktiveer, kon ek redelike fotos kry van vlermuise in vlug wanneer hulle hul dagskuilings verlaat om insekte te jag.  Min plaaslike fotograwe het toegang tot vlemuise in die natuur, en het dus vir ons vertaal in ‘n toegeeflike houding van die beoordeelaars.  Ons vriend Ernest Seamark het toegang tot redelike akkommodasie en toegang tot die Rooiberg grotte wes van Bela-Bela.  Vlermuise is seisonaal in terme van migasie en hibernasie en dit spreek vanself dat Ernest ons nooi wanneer die vleruis species teenwoordig en aktief is wanneer die temperature gunstig is.

 

Tuis het ons ons dubbel-motorhuis verander tot ‘n ateljee waar Annalene potret fotografie be-oefen met groot sukses, wat inderwaaheid ook deel is van haar loopbaan.  Ekself is nie aangetrokke tot potret fotografie maar die ateljee  is baie gebruik vir makro fotografie van tuin goggas asook tafeltop rangskikkings.

 

Kobie en ek waardeer fotografie as ‘n tydsverdryf wat ons saam kan doen, en ons aspirasie vir unieke fotos is bepalend waar ons vakansie hou of wat ons tuis kan benut, soos byvoorbeel sport by Tukkies en by van die meer kompeterende skole.

 

Fotografiese prestasies?  Ek sou reken status by AFO, asook FPSSA genoot.