top of page

AFO Jaarprogram vir 2024/25

Die beoordeelaars en die temas vir spesifieke aande sal ook op  Kennisgewingbord op die Tuisblad aangekondig word.

Vir AFO se maandelikse byeenkomste kan elke lid telkens drie foto's inskryf wat volgens keuse versprei kan word oor die verskillende kategorie". Die vyf vaste kategorie wat elke maand beskikbaar is, is Natuur (behalwe voe"ls), Natuur (slegs voe"ls), Landskappe, Sport en Piktoriaal. Daarby is daar elke maand nog een roterende kategorie. Sommige maande is daar ook 'n voorgeskrewe onderwerp. Dan mag elke lid een bykomende foto in daardie kategorie inskryf.

Afo Jaarprogram 2024/’25

22 Januarie 2024

* Roterende kategorie: Visuele kuns

* Voorgeskrewe onderwerp: Reptiele - Hierdie is ’n natuurkategorie. Al die normale reëls vir ’n natuurkategorie geld dus. Die hoofonderwerp van die foto moet ’n reptiel wees. Kleur en monochroom is aanvaarbaar. Manipulasie word  nie toelaat nie.

 

12 Februarie 2024

*   Roterende kategorie: Monochroom

*   Algemene Jaarvergadering

 

4 Maart 2024

   * Roterende kategorie: Makro

   * Voorgeskrewe onderwerp: High key mono. ’n Monochroomfoto met baie ligte en min donker dele. Manipulasie word toegelaat. (Gaan google gerus “High key monochrome”).

 

8 April 2024

   * Roterende kategorie: Menslike portrette

 

6 Mei 2024

   * Roterende kategorie: Monochroom

   * Minireeks

 

3 Junie 2024

   * Roterende kategorie: Fotojoernalistiek

 

15 Julie 2024

* Roterende kategorie: Visuele kuns

 * Voorgeskrewe onderwerp: “Panning”. ’n Foto waarin die kamera ’n bewegende onderwerp volg en waarin die onderwerp, of dele daarvan in skerp fokus is, maar die agtergrond deur die beweging uit fokus is. Kleur en monochroom is aanvaarbaar, Manipulasie word toegelaat.

 

5  Augustus 2024

* Roterende kategorie: Monochroom

 

2 September 2024

* Roterende kategorie: Makro

*   Voorgeskrewe onderwerp: Klein soogdiere. Hierdie is ’n natuurkategorie waarin al die vereistes vir natuurfoto’s geld. Die onderwerp van die foto moet ’n soogdier of soogdiere wees wat kleiner as ’n rooibok is. Dit sluit kleintjies van groot spesies (byvoorbeeld leeuwelpies) uit. Spesies wat toelaatbaar is, sluit in bokke soos steenbokke, klipspringers, duikers en bosbokke, maar nie rooibokke, njalas of groter bokke nie; klein katte, dus nie leeus, luiperds of jagluiperds nie; jakkalse maar nie hiënas nie; apies, maar nie bobbejane nie; kleiner diere soos ratels en dassies, muise, rotte, vlermuise, eekhorings, en muishonde. Kleur en monochroom is aanvaarbaar, manipulasie word nie toegelaat nie.

 

14 September 2024

Jaareindfunksie en prysuitdeling

 

7 Oktober 2024

* Roterende kategorie: Menslike portrette

 

4 November 2024

* Roterende kategorie: Monochroom

*   Voorgeskrewe onderwerp: Weerkaatsings. Die weerkaatsing van ’n voorwerp, persoon of toneel in enige oppervlak. Dit kan net die weerkaatsing wees, of die onderwerp en sy weerkaatsing. Kleur en monochroom is aanvaarbaar. Manipulasie word toegelaat.

*    

2 Desember 2024

* Roterende kategorie: Fotojoernalistiek

 

13 Januarie 2025

* Roterende kategorie: Visuele kuns

* Voorgeskrewe onderwerp: Nagfoto’s. Enige foto wat buite, in die nag geneem word. Die beligting in die foto moet van so aard wees, dat dit duidelik is dat die foto in die nag geneem is. Sonsopkomste en sonsondergange word uitgesluit. Kleur en monochroom is aanvaarbaar. Manipulasie word toegelaat.

 

3 Februarie 2025

*   Roterende kategorie: Monochroom

*   Algemene Jaarvergadering

bottom of page