Witpens Suikerbekkies in my tuin    -    Magda Farinha

Op 24 Augustus het ek ’n vroulike Wipens suikerbekkie opgemerk met ’n wit verfjie in haar bek. Sy het met die veertjie binne in ’n Kaktus ingegaan.  Toe sien ek die nessie. Omtrent 10cm X 6cm.  opening omtrent so 3cm diameter. Baie klein.. Gebou binne ’n spinnekop nes.  Toegemaak met droe blaartjies en binne uitgelyn met ons eendveertjies. Ek het gaan oplees oor die suikerbekkie en agtergekom die wyfie bou die nes by haarself. Die mannietjie sit in ’n boom daar naby en is baie raserig. 

 

Ek het dadelik 2 van my kameras opgestel om dit af te neem.  Ek het my Fuji XT-4 met elektronies “shutter” so 6 meter van die nes opgesit onder skadunet wat kyk op die opening van die nes. Die opening was die heeltyd in die skaduwee.  "Slim mamma.” Die ander Nikon kamera was opgestel in ’n tuisgemaakte voelskuiling so 1o meter weg wat die nessie van die kant afgeneem het. Ek het “remote triggers” op beide kameras gesit.

 

13 Dae nadat die nes gebou was het die eiers uitgebroei. Die eerste dag was daar een kleintjie en die volgende dag nog ’n kleintjie.  Ek het het die Triggers gebruik deur die dag so ek nie te naby die nes kom.  Die mannatjie was baie luid as ek daar naby kom.  So ek maar net kort-kort afgeneem met die hoop dat ek fotos sal kry.  Die stelling vd AF was raai, maar gelukkig het die uitstekend gewer.  /die /fuji kamera se AF was uitstekend en met die elektroniese “shutter” kon ek tot 15 fotos p.sekonde kry.  Die opening van die nes was donker so ek moes met baie hoé ISO skiet om ’n hoé spoed te kry.

 

Ek was in ekstase toe ek die aand deur die fotos gaan en die geel bekkie sien. En die volgende dag was daar 2 gel bekkies.  Die mannetjie het die meeste van die kos aangedra. Hy was baie besig.  Hy het meestal vliee gebring wat hy so opgereig het in sy bek.  Partykeer klein motte.  Die wyfie het meestal spinnekoppe gebring waar die sak met eiers aan die spinnekop was.

 

Op 24 September toe ek by nes kom  het die hele atmosfeer verander.  Die ouers was nie daar.  Ek was baie bekommerd. Groot was my verligitng toe ek die mamma en babas onder in die kaktus sien.  Die babas was al klaar so groot soos die mamma en enigste ondersked was kort bekkies en korter stertjies.  Hulle kon al klaar baie goed “Hover”.  Die een kleinjie gaan in die nes en dan kom voer die ouers hom. Dan gaan die ander een in die nes en word gevoer.  Paar keer kom die ouers met kos daaraan en dan is die nes leeg. Dan moet hul met dit wegvlieg. Hulle was nog vir so 2 dae by die nes.

 

Die artikel gaan verskyn in SA BIRDLIFE tydskrif vroeg volgende jaar.  Sal laat weet wanneer.