Magda Farinha publiseer vier foto's in koffietafelboek

Magnificent Vultures of Africa

 

Hierdie projek het ontstaan uit die nood vir geldinsameiing vir VULPRO Aasvoel Rehabilitasie sentrum. Amanda Ellis, ’n vrywille helper by die sentrum het ’n behoefte gesien om herdenkings te verskaf vir mense wat die sentrum besoek, soos plekmatjies, poskaarte en brojures.  Dit was ook haar inisiatief om ’n koffietafelboek te maak van die 13  bedreigte Aasvoel pesies in Afrika.  Van hulle is uiters bedreig en baie skaars.  Na baie ure van navorsing en soek na fotograwe op sosiale media en deur kontak te maak met bekende Wildsfotograwe wat bereid was om hulle fotos te skenk vir die projek, het sy die aanvanklike boek ontwerp.

 

Die betuur van VULPRO het die borgskap gekry. Nedbank Private Wealth het die projek aanvaar en die finale redigering en publikasie van die boek hanteer.  Hulle het die fotos gekies vir die publikasie.  Vier van Magda Farinha se foto’s is gekies en opgeneem vir die publikasie.  

 

Hiermee saam is die inligting van die boek en dan ook my fotos wat daarin verskyn.  

GAAN ASB. NA VULPRO SE WEBTUISTE EN KYK NA DIE BOEK OF MAAK ’N DONASIE.  Die boek is te koop vanaf die webtuiste.