Kennisgewingbord

1.    Die volgende AFO byeenkoms is op 6 April 2020. Weens die noodsaaklikheid

       om die Corona virus se verspreding te beperk, sal dit 'n virtuele klubaand

       wees. Daar sal geen fisiese byeenkoms wees nie maar elkeen sal die

       verrigtinge op die internet kan volg. Meer inligting oor hoe jy die verrigtinge

       kan volg, sal binnekort bekend gemaak word. 

       Roterende kategorie: Monochroom

       Voorgeskrewe onderwerp: Lae lig

       Die beoordelaars is as volg:

       Nico Strydom (Midrand)

       Christo Schutte (PFS)

       Christiaan Kotze (AFO

       “Lae lig” dui op foto’s wat geneem is wanneer daar min lig beskikbaar

      is, ofte wel wanneer dit taamlik donker is. Dit kan byvoorbeeld foto’s

      wees wat in die nag geneem word, of foto’s wat binneshuis geneem

      word wanneer dit taamlik donker is. Dink byvoorbeeld aan ’n  

      musiekkonsert waartydens die lig min is. Laeligfoto’s behoort taamlik

      donker wees. Tegnieke wat ’n mens kan gebruik om in sulke

      omstandighede foto’s te neem, is om ’n lang sluiterspoed te gebruik

      en die kamera op ’n driepoot te sit vir stabiliteit. “Painting with light”

      is ook ’n vorm van laeligfotografie. Kleur en monochroom is 

      aanvaarbaar. Manipulasie word toegelaat. 

       Gaan soek gerus op google na terme soos “low light photography”, “painting with light”

       en  “star trails” vir idees en wenke.

2.   Opleidings materiaal is beskikbaar onder Inligting/Opleiding op

       die Tuisblad menu.

Wenners vir  Maart  

Het jou e-pos adres verander?

Is jy 'n nuwe lid en jy ontvang nog nie AFO-kennisgewings nie? Kliek hier om AFO te laat

weet van jou (nuwe) e-pos adres.

Junior wenner: Johan Orton - Blonde hoogtepunt

Senior wenner:  Dolf Steyn - Dagbreek Wil Wil

Klaswenners vir Maart

Beelde met hoogste punte vir Maart

SP-M-Neels Jackson-37-G-Late Afternoon K
SP-M-Elzabe Bogenhofer-37-G-Water Ski
SP-M-Christiaan Kotze-38-G_ Ctg Win-Stre
SP-M-Christiaan Kotze-37-G-Light Up My F
SP-3 star-Johan Orton-40-COM_ WIN_ Ctg W
SC-M-Frits Thuynsma-39-COM-Driftwood On
SC-M-Frits Thuynsma-38-G-Kokerboomkloof
PO-M-Tania Cholwich-37-G-Formidable Afri
SC-M-Dolf Steyn-41-COM_ WIN_ Ctg Win-Dag
Show More