top of page

Hoe om Photovault te gebruik

Neem kennis:  

Digitale beelde kan slegs elektronies op die internet ingeskryf word dmv Photovault by www.photovaultonline.com  Die "Access Code" om vir AFO in te skryf is 1953, die jaar waarin AFO ontstaan het.

 

 

Gaan as volg te werk:

1)  Bestudeer die gedeelte Berei jou beelde voor om te bepaal hoe om jou beelde voor te berei vir inskrywing.

2) Volg hierdie aanwysing om jou fotos op Photovault op te laai en dan in te skryf.

3)  Laai jou beelde op en skryf dit in op Photovault nie later nie as 23:59 op die SONDAG ‘n WEEK VOOR die Maandagaand wat die klubbyeenkoms voorafgaan.


4)  Lede kan 3 beelde in verskillende afdelings inskryf.  Hierdie afdelings is standaard en die definisies vir elke afdeling is in lyn met die reëls en regulasies van PSSA.
      Die vasgestelde afdelings is:
•    Natuur – geen manipulasie toegelaat
•    Sport – geen manipulasie toegelaat
•    “Photo journalism” – geen manipulasie toegelaat
•    “Human Portraits” – manipulasie toegelaat
•    “Visual Art” – manipulasie toegelaat
•    “Scapes” – manipulasie toegelaat
•    “Pictorial Open” – manipulasie toegelaat

Indien jy meer in diepte oor die definisies wil lees, laai hierdie dokument af:

AFO definisies vir Inskrywings en Beoordeling.

bottom of page