Jaareind 2024
Die Afrikaanse Fotografiese Olimpiade 14 September 2024 - Koos Marais
AFO Fotografieklub het hulle 2024 Jaareindfunksie op Saterdag 14 September 2024 met ’n luisterryke plegtigheid gevier. Die tema was die Olimpiese Spele en dit was nie sonder rede nie. Twee van hulle lede, die befaamde nuusfotograaf, Christiaan Kotze en Johann Meintjes was amptelik geakkrediteerde fotograwe by die pasafgelope Olimpiese Spele in Parys, Frankryk. Wat die geleentheid uniek gemaak het was die feit dat Johann die eerste kwadrupleeg ooit was volle akkreditasie gekry het.
Tydens AFO Fotografieklub se plegtigheid het Christiaan en Johann die sertifikate, medaljes en trofeë oorhandig in tipiese Olimpiese Spele tradisie.
AFO was vereer met die teenwoordigheid van Simon Fletcher, president van PSSA, sy eggenote Joyce, en PSSA direkteur vir Noord-Gauteng en Limpopo, Francois Venter. Simon het die teenwoordiges toegespreek en gewys op die belangrike rol van PSSA in georganiseerde fotografie.
Tydens die plegtigheid is Carien Kruger, voormalige sekretaresse en tesourier vereer met ’n Goue Diens toekenning vir haar meer as 10 jaar diens aan die organisasie. Sy het spesiaal vanaf Mosselbaai gereis om die toekenning in ontvangs te neem. Drie Voorsitterstoekennings is ook gemaak aan Frits Thuynsma, Hannes van den Berg en Cor Rademeyer.
Een van die hoogtepunte van die aand was die toekenning van Grootmeester Diamant status aan Hennie Niemand. Dit is slegs die tweede keer in AFO se 71 jaar bestaan dat ’n lid hierdie status bereik. Hennie het spesiaal vanaf Potchefstroom gereis om sy toekenning te ontvang. Hennie se merkwaardige reis met fotografie is beskikbaar op www.afo.co.za
Altesaam 54 goue, silwer en brons sertifikate en medaljes asook ses trofeë is oorhandig aan die wenners van die onderskeie kompetisies. Die volledige uitslae verskyn hieronder.
’n Splinternuwe trofee, die Louis Marais trofee, geskenk deur AFO voorsitter dr Koos Marais, seun van wyle Louis Marais, ook ’n vorige AFO voorsitter asook president van PSSA, is vir die eerste keer toegeken. Dit is gewen deur Neels Jackson.
Al die prestasies is behoorlik gevier met ’n braaivleis deur Frits Thuynsma en Hannes van den Berg. Die saal was op glansryke wyse versier deur Ona Ackerman, onder-voorsitter, Antoinette Oelofsen, sekretaresse en komiteelede Lydia Wolmarans, Arthur Ahrens, Ryno Eksteen en vrywilligers Sandra van Dyk en Pieter Theunissen. Hans Bogenhofer het die podium gebou. Ryno Eksteen het die musiek verskaf.
Jaareind resultate 2024
1. Ere-toekennings vir 2024
Goue Diensmedalje: Carien Kruger
Voorsitters toekenning: Frits Tuynsma
Hannes van den Berg
Cor Rademeyer
2. Wissel trofeë wenners vir 2024
Afo Senior fotograaf van die jaar: Koos Delport-Wisseltrofee
Wenner: Ingrid Marais
2de plek: Dirk Heyns
3de plek: Koos Marais
Afo Junior fotograaf van die jaar: Afo wisseltrofee
Wenner: Keith Boehme
2de plek: Lydia Wolmarans
3de plek : Pieter Jordaan
Meeste digitale jaarpunte: Predicate Wisseltrofee
Wenner: Keith Boehme
2de plek: Dirk Heyns
3de plek: Tania Cholwich
Meeste salonpunte: GGF Venter Wisseltrofee
Wenner: Ingrid Marais
2de plek: Dirk Heyns
3de plek: Koos Marais
Beste prestasie in Impala trofee kompetisie: Legado wisseltrofee
Wenner: Dirk Heyns
2de plek: Riaan van den berg
3de plek : Cor Rademeyer
Beste Veelsydige fotograaf: Louis Marais trofee
Wenner: Neels Jackson
2de plek: Ona Ackerman
3de plek: Carien Klruger
Beste Natuurfotograaf:
Wenner: Annette Ligthelm
2de plek: Andre Ligthelm
3deplek: Johan Greyling
Beste Landskapfotograaf:
Wenner: Frits Tuynsma
2de plek: Rina Hattingh
3de plek: Riaan van den Berg
Beste Sportfotograaf:
Wenner: Johan Orton
2de plek: GB Jordaan
3de plek: Christiaan Kotze
Beste Piktoriale fotograaf:
Wenner: GB Jordaan
2de plek: Hannes van den Berg en Ryno Eksteen
Beste Voëlfotograaf:
Wenner: Hennie Niemand
2de plek: Johan Greyling en Johan Mader