top of page

Berei jou beelde voor

1)  Gebruik Photoshop of Lightroom of enige ander sagteware van jou keuse om jou beelde te verwerk van RAW (indien jy in RAW skiet) na 'n *.jpg leer.

2) Alle inskrywings vir AFO klubaande en AFO klubkompetisies word volgens die HD formaat ingeskryf:  1920 x 1080 pixels

3)  Digitale beeld in portretformaat se langste sy mag nie meer as 1080 pixels wees nie.  Die kort sy sal dus minder pixels wees.


4) ‘n Digitale beeld in landskapformaat se langste sy mag nie meer as 1920 pixels wees nie.  Die kort sy sal dus 1080 pixels of minder wees.


5) Stoor enige elektroniese beeld in die *.jpg formaat nie groter as 2Mb (2000Kb) vir beoordeling by die klub nie.


6)  Dit dit maak nie saak op watter resolusie die beeld gestel is wanneer die beeld op die projektor vertoon word nie.

 

As jy sukkel, kontak ons Puntemeester, Frits Thuynsma of Hannes vd Berg

bottom of page