AFO Jaarprogram vir 2026
12 Januarie 2026
Roterende kategorie: Visuele kuns
Voorgeskrewe onderwerp: Uit toeka se dae
Enige beeld wat ‘n onderwerp uitbeeld uit “Toeka se dae”, is aanvaarbaar.
2 Februarie 2026
Roterende kategorie: Monochroom
Algemene Jaarvergadering
2 Maart 2026
Roterende kategorie: Makrofotografie
Voorgeskrewe Onderwerp: Produkfotografie - Manipulasie toegelaat
​
13 April 2026
Roterende kategorie: Menslike Portrette
4 Mei 2026
Roterende kategorie: Monochroom
Voorgeskrewe Onderwerp: Straatfotografie - Geen manipulasie.
Definisie: 'n Foto wat menslike aktiwiteite of straattonele in stedelike gebiede uitbeeld.
​
1 Junie 2026
Roterende kategorie: Fotojoernalistiek
Minireeks: 3-5 foto's wat saam 'n storie vertel
​
20 Julie 2026 (Skoolvakansie vanaf 29 Junie tot Maandag 20 Julie)
Roterende kategorie: Visuele Kuns
Voorgeskrewe Onderwerp: Kleuters - Manipulasie toegelaat.
Definisie: 'n Foto waarvan die hoof onderwerp ‘n kind onder 6 jaar is. Dit sluit ook in ‘n portret, vollengte of kop-en-skouers.
3 Augustus 2026
Roterende kategorie: Monochroom
​
19 Augustus 2026
Lesing deur Andre de Koker: Veelvuldige beligting
7 September 2026
Roterende kategorie: Makrofotografie
Voorgeskrewe Onderwerp: Argitektuur - Manipulasie toegelaat.
Definisie: 'n Foto van enige gebou of konstruksie met die doel om die unieke aard en styl daarvan te demonstreer.
​
12 September 2026
Jaareindfunksie
12 Oktober 2026
Roterende kategorie: Menslike Portrette
2 November 2026
Roterende kategorie: Monochroom
Voorgeskrewe Onderwerp: Dubbele beligting. Geen manipulasie.
Definisie: Hierdie Voorgeskrewe Onderwerp het onder andere ten doel om lede aan te moedig om hulle vaardigheid met hulle kameras eerder as met rekenaar gedrewe redigering te vertoon. Manipulasie is dus streng verbode. Dubbele beligting kan ook driedubbele beligting of meervoudige beligting beteken. Die sentrale vereiste is dat die finale beeld wat ingeskryf word deur die kamera geproduseer moet word en nie deur rekenaar manipulasie nie. Die rekenaar moet natuurlik wel gebruik word om die formaat van 1920x1080 en die raampie te skep. Moderne kameras het items genaamd "Multiple Exposure" op hulle spyskaarte. Dit is hierdie tegniek wat gebruik moet word vir hierdie Voorgeskrewe Onderwerp. Om alle twyfel uit die weg te ruim word sleutels na twee videos wat die proses aandui, gegee.
https://youtu.be/5gSBfoNRxXE?si=czvw4jewjsYm-Pwt
https://youtu.be/NReMu3x5oGE?si=s1PAx4YT6K5mS0l5
7 Desember 2026
Roterende kategorie: Fotojoernalistiek
11 Januarie 2027
Roterende kategorie: Monochroom
Voorgeskrewe Onderwerp: Uit die Boks. Geen manipulasie.
Definisie: Enige foto, netso uit die kamera, sonder enige veranderinge aan beligting of verligting of maskering (“cropping”). Foto moet slegs verklein word na gewone 1920x1080 formaat en Raw lêers moet voorgelê word per aparte epos. MAW Geen manipulasie.
1 Februarie 2027
Roterende kategorie: Visuele Kuns
Algemene Jaarvergadering en verkiesing van bestuurskomitee

