top of page

Wat is AFO en hoe werk die klub?

 

AFO is 'n fotografieklub in Pretoria wat al sedert 1953 bestaan en wat een maal per maand deur belangstellende lede bygewoon word.  Tussendeur op weeksaande en/of naweke hou ons werkswinkels of uitstappies wat sekere fotografie onderwerpe dek en dit word deur belangstellendes bygewoon.  Bywoning by die klub, werkswinkels of uitstappies is altyd uit vrye keuse.


HOE WERK DIE KLUB? 

AFO Fotografieklub vergader een keer per maand, gewoonlik op 'n Maandagaand.  Jy kan die datums op die Jaarprogram kry. Elke lid kan drie beelde inskryf, soms vier as daar 'n Voorgeskrewe Onderwerp ook is.  Die Voorgeskrewe onderwerp, as daar ene is, word ook op die Jaarprogram aangekondig.

Jy sal eers beelde kan inskryf vir beoordeling sodra jy by die klub aangesluit en jou ledegeld betaal het. Hierdie beelde word tydens die klubaand deur drie beoordelaars beoordeel en die terugvoering wat hulle gee dien as baie goeie opleiding. 

Beelde word in stergroepe beoordeel waarin lede kan vorder vanaf 1 ster vir beginners tot 5 ster en Meesters vir gevorderde fotograwe.

Beelde moet so voorberei word vir inskrywing - Kliek hier

 

Skryf dan in op Photovault - Klik hier

Ons vergader om 19:00 in die NG Kerksaal, Elarduspark - Kliek hier vir die adres.

OPLEIDINGSGELEENTHEDE

Om aan 'n fotografieklub te behoort, bied baie opleidingsgeleenthede.  Jy leer eerstens baie deur die klubaande by te woon en te luister na die beoordeling en om tydens die pouse met ander lede gesellig te verkeer en vir wie jy dan vrae kan vra as jy hulp nodig het.  Jy hoor ook by die klubaande van opleidingsgeleenthede in die vorm van uitstappies waartydens ander fotograwe jou kan help met verstellings op jou kamera en hoe om die beste beelde te neem.  As lid ontvang jy ook eposse met uitnodigings na uitstappies.  Jy sal ook daarvan op ons Facebookblad kan lees.

Die AFO webwerf is die regte plek om meer uit te vind oor die klub.  Kliek oral rond en lees soveel jy kan.  As jy wonder, vra gerus.  Kyk op die Kontak blad as jy raad nodig het en aan die bestuur 'n vraag wil vra soos "wie kan my dalk help met..." 

WAT IS DIE PSSA EN SALONNE?

By die klubaande sal jy dilwels hoor van die PSSA, 'n nasionale fotografie vereniging.  Baie klubs en klublede van Suid-Afrikaanse fotografieklubs behoort aan die PSSA.  AFO is 'n klublid van die PSSA. Gaan na die gedeelte PSSA wat meer inligtng van PSSA bevat, sy werksaamhede en rol in die fotografiese gemeenskap.

 

 

Jaarprogram

bottom of page