top of page

        Hoe werk die klub

 

 

AFO Fotografieklub vergader een keer per maand, gewoonlik op 'n Maandagaand.  Jy kan die datums op die Jaarprogram kry. Elke lid kan drie beelde inskryf, soms vier as daar 'n Voorgeskrewe Onderwerp ook is.  Die Voorgeskrewe onderwerp, as daar ene is, word ook op die Jaarprogram aangekondig.

Jy sal eers beelde kan inskryf vir beoordeling sodra jy by die klub aangesluit en jou ledegeld betaal het. Hierdie beelde word tydens die klubaand deur drie beoordelaars beoordeel en die terugvoering wat hulle gee dien as baie goeie opleiding. 

Beelde word in stergroepe beoordeel waarin lede kan vorder vanaf 1 ster vir beginners tot 5 ster en Meesters vir gevorderde fotograwe.

Beelde moet so voorberei word vir inskrywing Kliek hier 

Skryf dan in op Photovault Kliek hier

Ons vergader om 19:00 in die NG Kerksaal, Elarduspark.  Kliek hier vir die adres

OPLEIDINGSGELEENTHEDE

Om aan 'n fotografieklub te behoort, bied baie opleidingsgeleenthede.  Jy leer eerstens baie deur die klubaande by te woon en te luister na die beoordeling en om tydens die pouse met ander lede gesellig te verkeer en vir wie jy dan vrae kan vra as jy hulp nodig het.  Jy hoor ook by die klubaande van opleidingsgeleenthede in die vorm van uitstappies waartydens ander fotograwe jou kan help met verstellings op jou kamera en hoe om die beste beelde te neem.  As lid ontvang jy ook eposse met uitnodigings na uitstappies.  Jy sal ook daarvan op ons Facebookblad kan lees.

Die AFO webwerf is die regte plek om meer uit te vind oor die klub.  Kliek oral rond en lees soveel jy kan.  As jy wonder, vra gerus.  Kyk op die KONTAK ONS blad as jy raad nodig het en aan die bestuur 'n vraag wil vra soos "wie kan my dalk help met..." 

WAT IS DIE PSSA EN SALONNE?

By die klubaande mag jy dalk hoor van die PSSA, 'n nasionale fotografie vereniging.  Baie klubs en klublede van Suid-Afrikaanse fotografieklubs behoort aan die PSSA.  Dit staan vir "Photographic Society of South Africa".  As lid van die PSSA sal jy vier keer per jaar 'n fotografie tydskrif ontvang en jy sal afslag ontvang as jy aan salonne wil deelneem.  Salonne is fotografiekompetisies wat deur klubs aangebied word en nog 'n platform waar jy jou foto's kan laat beoordeel. 

Op die PSSA webwerf sal jy lees van werkswinkels wat deur ander klubs in jou onmiddellike omgewing of streek aangebeid word, wat meer opleidingsgeleenthede beteken.  Streke bied ook kongresse aan wat jy kan bywoon, altyd so bietjie goedkoper vir PSSA lede as nie-lede en dis gewoonlik drie of vier dae waartydens daar baie sprekers optree en fotografie opleidingsessies en uitstappies aangebied word.

Op die PSSA webwerf sal jy ook kennismaak met verskeie kompetisies waaraan jy kan deelneem wat weer eens 'n ander platform bied waar jou beelde beoordeel kan word. As jy by AFO aansluit as lid, oorweeg dit gerus om by die PSSA aan ook aan te sluit hierso.

bottom of page