top of page

AFO Goue Meesters
Klik op   CV en galery

BOGENHOFER, Elsabe

LPSSA, DPSSA

CHOLWICH, Tania

FPSSA, DPSSA(vers)

My liefde vir fotografie het sowat 10 jaar terug ontwikkel en nou is daar geen terug draai nie !!

Fotografie is my passie en siels terapie wat my na ongelooflike mooi plekke in Afrika neem.
Van die wye grasvlaktes van die Serengeti, die rooi duine van die Kgalagadi, die wonder van die Masai Mara Migrasie tot onglooflike mooie Chobe !!!

Fotografie het my verander van n stadsmens  wat versot was op die vinnige ritme van die stads lewe na iemand wat se hart hunker na die bosveldvuur met sy sterre hemel, natuur skoon en die maanlig wat dans in die Afrika nagte. 

My “gevoel” vir natuur fotografie het ontstaan as gevolg van my ingebore liefde en respek vir Afrika se natuur en diere rykdom.

Dis reeds in Botswana waar ek my onbeskryflike liefde vir olifante ontdek het. Die olifant is sonder twyfel my gunsteling dier in die skepping.

Naas Natuur fotografie het ek ook n baie sterk gevoel vir mense en kinders.
Hierdie is weer n ander tipe fotografie uitdaging om die siel van die mense vas te vang deur hul oë.

Ek is n trotse lid van AFO en PSSA sedert 2010.
Gedurende die tydperk het ek my LPSSA, APSSA(Vers), DPSSA(Vers) en FPSSA voltooi.
Ek het ook  verkeie aanvaardings, erkennings  en medaljes  op internasional vlak verwerf.


Fotografie bly  vir my n uitdaging en n leer proses. Elke keer as ek my kamera optel, bied dit vir my n nuwe geleentheid  om die tydlose oomblik vir ewig vas te vang.

Webtuiste:		https://taniacholwich.com

DE BEER, Chrissie

Chrissie de Beer

DE BEER, Henning

FPSSA

Henning de Beer FPSSA

Ek het in 1982 begin met fotografie.  En het in 1983 vir die eerste keer aangesluit by AFO.  Dit was die tyd toe Oom Koos Delport Voorsitter va AFO was.  En hy was dan ook my groot leermeester en my fotografie "Idol"( as mens dit so kan stel).

My eertse kamera wat ek gehad het was 'n AGFA pinhole wat my pa my gegee het.  Dit was letterlik net 'n sluiter en dit was dit (En daai sluiter was net een spoed).  Ek het toe vir my 'n Nikon FG gekoop.  Alles was net meganies en die enigste elektroniese hulp wat jy gehad het, was 'n ligmeter.

Dit was film dae en al verstellings wat jy kon maak was sluiterspoed en f-stop.  Dan het jy maar verskillende ASA film gekies. Ek onthou hoe ook Koos ons eenkeer met opleiding 'n rolletjie film met met 12 eksposures gegee het en vir ons gesê het as jy uit daardie 12 fotos 10 goud kan kry, eers dan kan jy jouself 'n fotograaf noem. Was nogal 'n skok op die sisteem van 'n jong man.

So deur die jare het ek heelwat toekennings en medaljes gekry vir my werk en van dag word van my fotos wêreldwyd verkoop en gepubliseer. Daar was ook al van my fotos onder die finaliste vir die "Wildlife Photographer of the year" van "Natural History Museum".  Ongelukkig kon ek nog nooit verder deurdring nie. Die foto van die Kraai op die karkas was een van die finaliste (Hy het by AFO die aand 'n brons gekry)

Die foto van die Olifant was ook op 'n stadium aangewys as een van die gewildste fotos op National Geogrphic.

Ek was dan ook 'n paar jaar terug  bevoorreg dat 'n Amerikaans TV stasie my gekontak het vir 'n onderhoud.  Hulle het 'n program gehad met die naam "Aperture priority" waarin hulle 12 fotograwe wêreldwyd gekies het en dan 'n program gemaak het oor jou fotografie. Dus was dit 12 episodes.  (Ek weet nie hoe dit gekom het dat hulle juis vir my gekies het nie, want daar is darem uitstekende fotograwe daarbuite).  Maar ek het dit ook nie afgewys nie. Dit was 'n 25 minute program waarin hulle met my gesels het en dan van my fotos gewys het. Die program was blykbaar gebeeldsent in 200 lande. (Aangeheg is 'n foto van my op die stel met die opnames)

Ek gee vandag nog fotografie werkwinkels en reel dan ook fotografie safaries in die vorm van 'n werkswinkel. Ek vertrek juis die 21 ste Augustus na Zimbabwe en Botswana waar ek 'n groep van 12 Amerikaners het met 'n werkswinkel wat ek aanbied.  Ek doen dit in samewerking met die wêreld bekende landskap fotograaf - Don Smith.  Hy het meer as 'n miljoen volgelinge op sosiale media. So AFO lede moet maar uitkyk wanneer ek weer 'n safarie reel of 'n werkswinkel aanbied.

DELPORT, Koos

MPSSA, FPSSA, APSSA(vers), EPSSA(Cls), AFIAP

Koos Delport is sekerlik die mees begaafde fotograaf wat tot nog toe  lid van AFO is (hy het Ere lewenslange lidmaatskap van AFO). Hy is ‘n fynproewer fotograaf wat hom hoofsaaklik op natuurfotografie toegespits het en wat ook die hoogste PSSA Ere-toekenning, naamlik MPSSA ontvang het. (Daar is slegs enkele lede  van PSSA  wat die MPSSA toekenning verwerf het). Hy het die volgende Ere- toekennings ontvang:
•	APSSA monochroom afdrukke
•	APSSA kleurskyfies
•	APSSA digitaal
•	APSSA (vers)
•	FPSSA kleurskyfies
•	FPSSA digitaal
•	MPSSA
•	EPSSA (Cls)
•	AFIAP (International Federation of Photographic Art)
•	Die 5*(nature) toekenning is ook aan hom deur APS (American Photographic Society) toegeken.
In 1985 het Koos ook die AGFA Photo Award verower en is as die beste natuurfotograaf in Suid-Afrika aangewys.  Een van  sy bekendste fotos,  naamlik  “Chasing cheetah”,   het nie net baie dollars ingebring nie, maar hang tans nog na dekades in skilderyformaat, in die kantoor van die Parkhoof van die Kgalagadi Oorgrenspark  in Twee Rivieren.
Koos was vir 55 jaar by klubfotografie betrokke, waarvan 36 jaar by AFO was. Hy het in 1956 by die Sandrivier Kamera Klub aangesluit en met hulle verhuising na Pretoria het hy in September 1974 by AFO aangesluit.  Hy is in 1975 vir die eerste keer op die AFO-bestuur verkies.  Hy was vir ses jaar voorsitter van AFO, naamlik van 1982 tot 1984 en weer van 1985 tot 1987.  In 1984, 1986 en 1988 was hy ook voorsiter van die eerste drie salonne wat AFO aangebied het.  Die volgende AFO ere-titels is ook aan Koos toegeken, naamlik, Ere-meester,  Ere-lewenslange lidmaatskap van AFO en Goue diensmedaljes.  Hy was ook die eerste AFO lid wat Groot Meester geword en tot die hoogste vlak in AFO, naamlik Groot Meester Diamant, gevorder het.
Koos was ook baie betrokke by PSSA se aktiwiteite.  Hy het drie PSSA kongresse georganiseer, naamlik twee in Twee Rivieren in die Kgalagadi Oorgrenspark en een by die Allemanskraaldam in die Vrystaat.  Hy het verskeie lesings, werkswinkels en opleidingsessies vir PSSA aangebied.  Dit het veral oor natuurfotografie gehandel.  Hy het verskeie natuurgebiede in Suider-Afrika besoek.  Sy gunsteling wildtuin was die Kgalagadi Oorgrenspark.  Sedert sy eerste besoek aan die Park in 1962 het sy aantrekking tot en hunkering na die Kalahari nooit uitgedoof nie en hy het die Park sedert sy eerste besoek min of meer twee keer per jaar vir ongeveer 20 jaar besoek.  Van sy ander gunsteling bestemmings was die Etosha asook Moremi, Savuti, Chobe, Central Kalahari Game Reserve en die Gorongosa in Mosambiek.
Koos Delport is voorwaar ‘n ware Groot Meester wat nie net diep spore in die fotografie omgewing getrap het nie, maar ook ‘n navolgenswaardige voorbeeld by AFO agter laat!

DU PLESSIS, Anoet

APSSA

Ek het 10 km van die Malelane Krugerpark hek op ‘n plaas groot geword en my Ma het ons gereeld vir ‘n Wildtuin uitstappie geneem, vandaar my belangstelling in wildfotografie. Valiant Swart se “Sonvanger” is egter my inspirasie vir fotografie. Dit is wel geskryf na die dood van Johannes Kerkorrel, (wie se musiekkonsert ek in 1991 bygewoon het), maar vir my het dit hierdie boodskap: GRYP DIE DAG / OOMBLIK / ERVARING / LEWE VAS. Die naamwoord “phos, fotos”, word nie verniet van Grieks vertaal as “lig” nie. 
My belangstelling in fotografie het ek as 13 jarige by my Pa geleer. Hy het self graag fotos van sy baie kinders geneem en my op sy Konica Autoreflex - waarop sy naam gegrafeer was - touwys gemaak. 
By Tuks het ek Inligtingsontwerp studeer waar my fotografie verder gevorder het – ons moes self ons fotos in ‘n donkerkamer ontwikkel en o.a. ook ‘n “pinhole” kamera bou waarmee ons fotos moes neem.
Na Universiteit is ek getroud en toe kry ek baie nuwe geleethede met die byvoeging van ons twee dogters, Letchen en Isabella. In 2005 gee my liewe man Wikus my eerste digitale kamera Canon 350D met ‘n 28 – 300 mm lens vir my en ek neem my eerste IMG_000.JPG digitale foto van my dogter Isabella. In die begin was ek streng perfek en het glad nie my aan .JPG fotos gekarring nie. Gelukkig het ek intussen die perfekte RAW lig gesien.
In 2021 kry ek ‘n Canon R6 mirrorless kamera vir my verjaardag en kyk nou net vorentoe vir nog “FOTOGENIESE” ervarings. Na elke toer ontwerp ek ook graag ‘n fotoboek sodat ons gereeld daarna kan kyk. Van Wikus af ook my fotografiese wenk: as jy die son sien opkom is jy besig om iets wonderlik te ervaar. 

Volg my gerus op instagram @anoetshoot

GREYLING, Johan

APSSA

Johan Greyling

Wat is fotografie vir my - Dit is n oomblik in tyd en n gebeurtenis wat ek nooit weer kan herhaal nie, goed of sleg!

My fotografie loopbaan het op die ouderdom van 14 jaar begin met  my eie donker kamer waar ek swart en wit film ontwikkel het. Dit het natuurlik gevorder tot vandag waar ek top digitale kameras en lense bemeester het.

So 12 jaar gelede het n groot meester Cor Rademeyer my oortuig om by AFO te kom inloer. Nou 12 jaar later is ek nog steeds by AFO. Ek het ook soos meeste van ons as n 1ster begin en vandag is ek n Meester Diamand. Ek het ook die beskeie titel van APSSA by PSSA .

Ek het my in die laaste 15 jaar toegespits op wildlife en landskap fotografie.
Sedert 2008 tot 2018 het ek as n toergids en leier vir CNP Safaris fotograwe vir fotografie safaries geneem na Kgalagadi, Chobe, Etosha, Serengeti asook Masai Mara. Hierdie was n tyd waar ek my tegniese kennis asook my kennis van wildlewe kon oordra aan kliente van regoor die wereld. Ek het ook verskeie werkswinkels oor wildlife fotografie, hier en internasionaal aangebied.

Sedert 2018 doen ek my eie safaries na al hierdie bestemmings en ek deel my passie met elke fotograaf. Ek doen ook my eie drukwerk en drukwerk vir klieente tot so groot as Super A0 op my Epson 9890 drukker van papier tot Canvas.

Ek het ook n baie bree kennis van verskillende sagteware programme onder andere Photoshop, Lightroom, Aperture, Capture NX, On One, DXO Pro, Nik Sagteware asook Topaz modules. Vir my eie fotografie gebruik ek Lightroom en gebruik van die ander programme net as n aanvulling.
Ek doen Lightroom opleiding asook fasiliterings werk op n een tot een basis asook in groepe hier plaaslik asook internationaal.

Gedurende 2014 het ek die Goue Medalje as Wildlife Photographer of the Year gewen by PSSA en   in 2013 was ek die runner up gewees vir die medalje. Intussen het ek ook verskeie goue medaljes in nationale en internationale salonne verwerf.

Dan seker een van die grootstes ek was gekroon as die 2014 Sunday Times Wildlife Photographer  uit duisende inskrywings .

HEYNS, Dirk

FPSSA, APSSA (v), DPSSA(v), EPSSA(MP), AFIAP

Ek is in 2011 deur Sybrand van Niekerk uitgenooi om ‘n AFO klubaand by te woon en vandat die eerste foto vertoon is, was ek gefassineer met klubfotografie.

In die eerste salon waarin ek as junior fotograaf ingeskryf het het ek een salon aanvaarding gekry en was in die wolke daaroor. In die volgende 12 salonne het ek egter GEEN aanvaarding gekry vir die 75 fotos wat ek altesaam ingeskryf het nie!  Die kwaliteit van my fotos was gewoon nie goed genoeg nie, het ek geleer.

Ek het sederdien vir myself uitdagings gestel om betrokke te raak by salon inskrywings, by beoordeling op klubvlak, op salonvlak en was ook al ‘n paar keer bevoorreg om lid te wees van die paneel van twaalf fotograwe wat PSSA honneurspanele beoordeel.

Ek het ook  sederdien ‘n fotografie diploma verwerf, want ek wou graag die tegniese aspekte van fotografie verstaan en het die volgende honeurspanele verwerf: ‘n LPSSA, twee APSSA’s, ‘n FPSSA, EPSSA, DPSSA (vers) en die internasionale AFIAP paneel vir aanvaardings in oorsese salonne.

Toe ek nog ‘n onderwyser was het een van my leerlinge, Sebastiaan Rothmann, begin boks en ek het die geleentheid bygewoon as toeskouer toe hy ‘n paar jaar later die Suid-Afrikaanse kampioen geword het. Die opwinding van topatlete wat teen mekaar deelneem het my aangegryp.en as fotograaf het ek dus later ‘n geleentheid benut om ‘n bokstoernooi af te neem. Hoewel my eerste pogings maar vrot was, het ek verdere bokstoernooie, EFC en skopboks toernooie begin bywoon en voortdurend gepoog om my tegnieke te verbeter.

Ek hou egter ook van natuurfotografie (voëls en Makro), portretfotografie en straatfotografie en om enigiets anders wat interessant is te kiek.

Ek het aan die begin van 2022 ‘n klompie lense ingeruil en ‘n Canon R6 mirrorless kamera met ‘n 100-500 RF lens saam met ‘n 2x extender aangeskaf, wat vir my groot vreugde verskaf. Dit is lig genoeg om sonder ‘n driepoot te gebruik, en op 1000 mm laat dit my toe om baie naby fotos van voëls, ens te neem, sonder al die nadele van die EF extenders terwyl dit hoë ISO – selfs 10 000 ISO en meer - baie goed hanteer.

As klubfotograaf kry mens voortdurend die geleentheid om met fotograwe wat kenners is op verskillende terreine te gesels en inligting uit te ruil.


Dirk Heyns

JACKSON, Louise

LPSSA

Ek wil asb die stukkie wat ek geskryf het oor my fotografie ‘n bietjie aanpas asb. Veral om dit meer tydloos te maak. Hier is dit:

My belangstelling in fotografie het baie geleidelik gegroei. Neels het lank voor my begin, en ek het so een keer per jaar ‘n klubaand van AFO gaan bywoon. Die foto’s was baie mooi, maar ek het net gedink ek kan dit nie doen nie.
In September 2009 het ek aan ‘n 100 km stap in Namakwaland gaan deelneem en een van ons dogters se klein digitale mik-en-drukkameras geleen. Daar het ek agtergekom dat ek kort-kort tydens die staptog mooi  “prentjies” raakgesien het en dit probeer fotografeer soos wat ek gesien het Neels dit doen. Met my terugkoms het Neels my eintlik in die klub ingeboender, onder protes en die res is geskiedenis. Ek is van 2010 af lid.
Met die beperkings van mik-en-druk het ek gou besef dat ek landskappe redelike lekker kan fotografeer en dit bly steeds een van my voorliefdes. Groter en beter kameras en lense oor die jare het dinge ook makliker gemaak. 
AFO het ‘n groot rol gespeel in wat ek geleer het oor fotografie. Om kommentaar by klubaande te hoor en ander se tegnieke te sien, het my dikwels aan die dink gesit oor ander moontlikhede in fotografie.  Maar ek het die heel meeste by Neels geleer en dan het ons ook ‘n groepie vriende wat een maal ‘n maand bymekaarkom en na mekaar se foto’s kyk en raad gee. Dis ‘n wonderlike leerskool! 
In Maart 2017 het ek my LPSSA gekry. Vier van die foto’s hier onder het uit my LPSSA-paneel gekom – die olifante, bosveldfisante, witbaarsterretjie en die korbeelhuisstattrail. 
Dit was ook lekker om ‘n paar jaar op AFO se bestuur te dien. Mens leer in die proses ook meer oor wat agter die skerms aangaan.  
Ek geniet, saam met landskappe, ook enige natuurfotografie en fotojoernalistiek. Daar bly egter altyd nog iets om te leer, en daarvoor is ek baie dankbaar om aan AFO te behoort.

JACKSON, Neels

FPSSA, APSSA (vers), DPSSA

Ek het my eerste kamera gekoop in die 1980’s toe ek ’n student was en ek het dadelik van fotografie gehou. Dit was nog in die dae van films en dit was te duur vir my om dit voluit as stokperdjie te beoefen.
	Teen 2004 het digitale fotografie na vore begin kom en ek het ruimte op my begroting gehad om ’n Canon 300D te koop, kort daarna ook ’n 70-300mm lens, en Photoshop elements om my foto’s mee te versorg. In Januarie 2005 het ek vir die eerste keer ’n Afo-klubaand as besoeker bygewoon. My kop het gedraai van al die wonderlike foto’s wat ek gesien het en al die kommentaar wat soveel kennis oor fotografie oorgedra het. Die volgende maand het ek weer gaan kyk en Maart 2005 het ek my eerste foto’s by Afo ingeskryf. Die foto van die grootwaterhoender hieronder, was daardie aand die wenner van die eenstergroep. 
	Daar het vir my ’n wêreld oopgegaan. Ek het gevoel soos ’n vis in die water en sedertdien is fotografie ’n groot deel van my lewe. Ek vertel met vreugde vir mense dat ek 95% van alles wat ek van fotografie weet, by en deur Afo geleer het.
	Ek het veral aan die begin gewerk met toerusting wat afgesteek het teen dié van ander klublede met wie ek meegeding het. Dit het my egter nie gekeer nie. Ek het eenvoudig gewerk binne die beperkings wat my toerusting my toegelaat het en redelik vinnig deur die stergroepe gevorder. Ek het ook van baie vroeg af aan salonne begin deelneem. In 2009 was ek Afo se digitale fotograaf van die jaar. Mettertyd het ek my toerusting uitgebrei en opgegradeer, maar ’n mens sal seker nooit regtig alles van die beste hê nie. Dit ontmoedig my egter nie. Ek werk met dit wat ek het.
	Aanvanklik het ek my veral toegelê op natuurfotografie, en spesifiek voëls, maar ek het altyd ’n wyer belangstelling ook gehad. In ’n stadium het ek vir myself ’n reël gemaak dat ek elke maand by die klubbyeenkoms ten minste een foto van ’n voël moet inskryf (om getrou te bly aan my wortels) maar ook ten minste een foto wat nie ’n natuurfoto is nie (om my horisonne te verbreed). So het my belangstellings en my vaardighede uitgebrei na dinge soos makro-fotografie, landskappe, ’n bietjie sport en meer. As joernalis het foto-joernalistiek my natuurlik ook altyd getrek, hoewel dit in klubverband dikwels iets anders is as in die praktyk. Die twee panele wat ek vir my APSSA- en FPSSA-toekennings ingedien het, was egter albei natuurpanele. Die foto’s hieronder van die vlinders en die rooivlerkstreepkoppie was deel van my APSSA-paneel. Die F-paneel was spesifiek ’n paneel van natuurportrette, ’n genre wat my verbeelding aangegryp het sedert ek die eerste keer daarmee kennis gemaak het. Die foto van die luiperd was deel van daardie paneel.
	Toe ek bevorder is na die stergroep Senior Meester Brons, het ek besluit om in dié stergroep net monochroom-foto’s in te skryf. Dit was ’n uitdaging aan myself om die medium van monochroom te probeer baasraak. Hieronder is ’n paar van my monochroomfoto’s. Een van hulle, Keeping up with Mommy, was een van die min foto’s waarmee ek nog ’n salon gewen het.
	As joernalis - in ’n mindere mate terwyl ek by Beeld was, veral in die vyf jaar dat ek redakteur van Kerkbode was, maar ook nou as vryskut - het my fotografie my handig te pas gekom. Ek verdien ’n klein bietjie inkomste daardeur, maar in wese is en bly ek ’n stokperdjiefotograaf. En dis vir my wonderlik dat my vrou, Louise, dit ook nou al sedert 2010 saam met my doen. Fotografie verskaf my verskriklik baie vreugde. Dit maak my lewe ryk. Ek verruil dit vir niks in die wêreld nie.

JORDAAN, GB

FPSSA

Ek het ongeveer 14 jaar gelede, op aandrang van een van my vriende, vir my ‘n kamera gekoop, sommer net om ook ‘n kamera te hê. Daarmee saam het ek ook ‘n lekker 150-500mm zoom lens gekoop, sonder dat ek ‘n idee gehad het van F-stop, sluiterspoed en dies meer. Ek het besluit om ‘n kursus te gaan doen by National College of Photography en skielik het daar vir my ‘n nuwe wêreld oopgegaan. My fokus was aanvanklik op troufoto’s, maar dit het nie lank gehou nie. 
Toe my oudste dogter hoërskool toe is, het ek, as gevolg van my ingebore liefde vir rugby, besluit om te gaan foto’s neem by hoërskool Centurion se rugbywedstryde en daar het die gogga behoorlik gebyt. Ek het verdere kursusse gedoen en later beter toerusting aangekoop. Ek ag myself baie gelukkig dat ek in 2008 die geleentheid gekry het om deur Rekord geakkrediteer te word vir ‘n rugbywedstyryd op Loftus. Daarna het akkreditasie op Ellispark gevolg en later ook by SA Rugby en SA Krieket. 
My vriend Neels Jackson het my aangemoedig om by AFO aan te sluit en daar het ek ontsettend baie geleer. Ek het ook met ander fotografie- genres in aanraking gekom wat my kennis verder verbreed het.
Ek is trots om te kan sê dat beide my APSSA- en FPSSA- panele met die eerste probeerslag aanvaar is.
Bo en behalwe die kennis wat ek by die klub opgedoen het, het ek ook baie nuwe vriende gemaak. Dis lekker in die AFO-familie!

KOTZE, Christiaan

FPSSA


Christiaan Kotze Biography:

Born in Louriesfontein in Namakwaland. Formative school years in Cape Town and High school in Pretoria. 
After studding Interior designing in the 80’s, 
Christiaan started a career as a photojournalist spanning a 24year period at Beeld Newspaper as a jnr. photographer in 1992 and worked his way through the ranks to Beeld’s chief photographer in 2001.

“During this time I covered conflict and breaking news stories, 
From the uprising in Bophuthatswana, the Inauguration of South Africa’s first democratically elected President, Nelson Mandela, and the Springboks winning the 1995 Rugby World Cup in South Africa”.

“I have won numerous awards at the Ilford photo Press Awards and later the Fuji Photo Press Awards”.
“In 2001 I joined the Rapport Sunday newspaper as Chief photographer and started specializing in Sport photography”.

“I had the privileged to cover the 1995, 2007, 2011, 2015 Rugby World cups in South Africa, France, New Zealand and England. The 2008 Beijing Olympics and Rio 2016 Olympic games is a highlight for my sporting career”. 

“I have had a keen interest in wildlife photography since starting photography as a student”.
“I have won awards at the Fuji Getaway Awards in the Sasol Birds and animal behavior categories”.

“I have had the privilege to do nature photography in the Kgalagadi Transfrontier Park, The Kruger National Park, The Etosha National Park and the Chobe National Park”. 

Christiaan regularly shares his 25 years experience as a photojournalist with young photographers through talks, seminars and workshops.

Christiaan retired from the Newspapers in 2015 and is now a Freelance Sports Photographer.
“I have had the privilege to photograph 150 Springbok test matches to date”.

KRUGER, Carien

LPSSA, APSSA

My belangstelling in fotografie het heel toevallig ontstaan. Toe ons in Qatar gewoon het, was die dae lank en terwyl my man by die werk was, moes ek myself besig hou. Ek het ingeskryf by The Photography Institute, waar ek ‘n 12 maande aanlyn fotografie kurses gedoen het wat my meer oor die tegniese aspekte van fotografie geleer het. Die praktiese aspekte was n ander leerkurwe.
Terug in SA, het Dirk Heyns in Julie 2011 my uitgenooi om by AFO aan te sluit en ek kyk nie een dag terug nie. Daar is soveel bekwame fotograwe wat my so geinspireer het, en nog steeds doen. Tydens die klubaande leer ‘n mens so baie deur net na al die uitstekende beelde te kyk en te luister na die kommentaar van die beoordelaars.
My visie was om tog ook net eendag ‘n Meester fotograaf te kan wees en dit het toe in 2017 gerealiseer. 
In 2018 verwerf ek my LPSSA en in 2022 my APSSA.
As sektretaresse van AFO, sedert 2016, bly ek baie betrokke en geniet die interaksie met ons lede. AFO lê my na aan die hart.
Met tyd het ek meer en meer begin belangstel in voëlfotografie en vind dit n reuse uitdaging.
Fotografie neem mens na nuwe opwindende bestemmings. Ek kan dus net sê “Eenmaal ‘n fotograaf altyd ‘n fotograaf”.

LIGTHELM, Andre

FPSSA, DPSSA

FOTOGRAFIE CV 
ANNETTE LIGTHELM
FPSSA, DPSSA

Annette het ‘n groot liefde en waardering vir die natuur en die omgewing.  Dit dien as inspirasie vir die beelding van die skoonheid en uniekheid van die Skepping.  Voël- en wildlewefotografie is haar voorkeur onderwerpe.  
Aanvullend tot natuurfotografie bied die besoeke aan natuurgebiede ook vir haar geleenthede vir  makro- en landskapsfotografie.  Haar en André se voorkeur destinasies is die semi-woestyn gebiede van Suid-Afrika, Namibië en Botswana.  
Alhoewel sy hoofsaaklik in kleur werk, bied die beelde wat sterk kontraste en lyne toon, ideale geleenthede vir  monochroomverwerking.  
Haar werk reflekteer nie net ‘n harmonieuse binding van die tegniese aspekte van ‘n beeld soos beligting, komposisie en kleur nie, maar lê veral klem op die skepping van beelde wat skoonheid en dinamiese beweging in die natuur ontsluit.
Haar beelde het ook baie impak wat geskep word deur die gebruik van kontraste in kleur, patrone en lig met ‘n sterk fokuspunt wat veral beweging en aksie van voëls en diere uitlig.  ‘n Belangrike kenmerk van haar beelde is ook minimum obstruksie van omliggende onderwerpe waardeur die hoofonderwerp en aktiwiteit sterk geaksentueer word.
Benewens meer as ‘n duisend nasionale en internasionale salonaanvaardings, wat talle medaljes en COM’s insluit,  het sy ook al die Predicate Wisseltrofee vir die meeste digitale jaarpunte by AFO in 2017 en 2019 ontvang.  Sy het reeds haar APSSA en FPSSA (digitaal) asook DPSSA verwerf.   Annette  het ook die PSSA Impala Trofee (goue medalje) vir die meeste salonpunte in die Natuurafdeling (2018) van PSSA ontvang.   Sy verwerf ‘n tweede plek by AFO met die Legardo Photography toekenning van die PSSA Impala Trofee in 2019.  Die verwerwing van die PSSA Impala Trofee word in die algemeen as ‘n besondere prestasie beskou.  In 2020 ontvang Annette die Koos Delport Wisseltrofee as die Fotograaf van die Jaar.  Daarmee saam ontvang sy ook die GGF Venter Wisseltrofee, toegeken vir die meeste digitale salonpunte (AFO, 2020), asook die Predicate Wisseltrofee, toegeken vir die meeste digitale jaarpunte (AFO, 2020).
Annette het in Januarie 2004 by AFO aangesluit en is dus reeds meer as vyftien jaar lid van die klub en die eerste dame in die geskiedenis van AFO wat die Senior Meester afdeling bereik.

LIGTHELM, Annette

FPSSA, EPSSA

FOTOGRAFIE CV 
ANNETTE LIGTHELM
FPSSA, DPSSA

Annette het ‘n groot liefde en waardering vir die natuur en die omgewing.  Dit dien as inspirasie vir die beelding van die skoonheid en uniekheid van die Skepping.  Voël- en wildlewefotografie is haar voorkeur onderwerpe.  
Aanvullend tot natuurfotografie bied die besoeke aan natuurgebiede ook vir haar geleenthede vir  makro- en landskapsfotografie.  Haar en André se voorkeur destinasies is die semi-woestyn gebiede van Suid-Afrika, Namibië en Botswana.  
Alhoewel sy hoofsaaklik in kleur werk, bied die beelde wat sterk kontraste en lyne toon, ideale geleenthede vir  monochroomverwerking.  
Haar werk reflekteer nie net ‘n harmonieuse binding van die tegniese aspekte van ‘n beeld soos beligting, komposisie en kleur nie, maar lê veral klem op die skepping van beelde wat skoonheid en dinamiese beweging in die natuur ontsluit.
Haar beelde het ook baie impak wat geskep word deur die gebruik van kontraste in kleur, patrone en lig met ‘n sterk fokuspunt wat veral beweging en aksie van voëls en diere uitlig.  ‘n Belangrike kenmerk van haar beelde is ook minimum obstruksie van omliggende onderwerpe waardeur die hoofonderwerp en aktiwiteit sterk geaksentueer word.
Benewens meer as ‘n duisend nasionale en internasionale salonaanvaardings, wat talle medaljes en COM’s insluit,  het sy ook al die Predicate Wisseltrofee vir die meeste digitale jaarpunte by AFO in 2017 en 2019 ontvang.  Sy het reeds haar APSSA en FPSSA (digitaal) asook DPSSA verwerf.   Annette  het ook die PSSA Impala Trofee (goue medalje) vir die meeste salonpunte in die Natuurafdeling (2018) van PSSA ontvang.   Sy verwerf ‘n tweede plek by AFO met die Legardo Photography toekenning van die PSSA Impala Trofee in 2019.  Die verwerwing van die PSSA Impala Trofee word in die algemeen as ‘n besondere prestasie beskou.  In 2020 ontvang Annette die Koos Delport Wisseltrofee as die Fotograaf van die Jaar.  Daarmee saam ontvang sy ook die GGF Venter Wisseltrofee, toegeken vir die meeste digitale salonpunte (AFO, 2020), asook die Predicate Wisseltrofee, toegeken vir die meeste digitale jaarpunte (AFO, 2020).
Annette het in Januarie 2004 by AFO aangesluit en is dus reeds meer as vyftien jaar lid van die klub en die eerste dame in die geskiedenis van AFO wat die Senior Meester afdeling bereik.

MADER, Johann

FPSSA

Johann Mader
Fotografie hoogtepunte
-	Ek is ’n lid van AFO fotografieklub sedert 1997, 22 jaar. Een jaar het ek ook as voorsitter gedien en vele jare op die bestuur gedien. Dit was van my besonderste tye in fotografie , aangesien ons klub’n baie groot aantal top natuur fotograwe opgelewer het op daardie tydstip. Dit glo ek , het vir my die mentorskap en grondslag gelȇ vir my toekomstige fotografie. Die oorskakeling na digitale fotografie was ook ’n interesante tyd om die veranderinge wat dit teweeggebring het, baas te raak. 
-	Ek het my APSSA en ook my FPSSA titels in Natuur skyfies behaal. Met die oorskakeling na digitaal het ek reeds vroeg my FPSSA titel in digitale natuur gekry. Ek het ook vele ander lokale “AGFA” awards gewen en het verskeie fotos gehad wat in Getaway gepubliseer was. Ek neem nog steeds fluks aan nasionale salonne deel.
-	My persoonlike hoogtepunt was om skyfie beelde, wat in drie afsonderlike jare, in die jaarlikse WIldlife photographer of the year (WPOY) publikasie gekies was. (2001,2004,2006). 
-	Ek spits my fotografie grootliks op natuurlewe toe. Soos geleenthede in natuur afspeel probeer ek dit vasvang en natuurlik weergee. Ek probeer nie fokus op net een element nie , maar op alle forme soos landskappe, makro, voëls en diere. Ek beskou dit as ’n gelukspakkie as goeie geleenthede opduik, wat natuurlik heeltemal onvoorspelbaar is. Om daardie spesifieke tydstip van natuur te kan vasvang in ’n goeie beeld is wat my nog al die jare dryf en te deel met ander.       ’n Fantastiese voorreg!!
-	Tans probeer ek die artistiese kant van natuur fotografie bemeester. Dit het sy tekortkominge , aangesien ek glo natuur beelde moet met goeie smaak en nie met oordrewe manipulasie aangebied word nie.

NIEMAND, Hennie

FPSSA, DPSSA

Hennie Niemand  FPSSA DPSSA
 Ek het  in die laat tagterjare aktief begin belangstel in fotografie.
In 1990 het ek by AFO aangesluit en daar geleer hoe om werklik goeie fotos te neem.
In 1992 is ek bevorder to ‘n meester en het ‘n paar jaar later ‘n FPSSA verwerf.
Ek sedert ek by AFO aangesluit het, met enkele uitsonderings, by elke klubaand fotos ingeskryf en aan plaaslike salonne deelgeneem. Toe dit nog bekostigbaar was, het ek ook by internasionale salonne ingeskryf.
Ek weet nie presies hoeveel salonaannames ek het nie, want ek het na 1500 opgehou om dit aan te teken. Salonwenners was nog nooit vir my beskore nie, maar was darem hoog in my skik met ‘n 2de plek.
Ek het nie einlik aan fotokompetisies deelgeneem nie, maar het in 1979 en 1989 aan die Agfa Wildlife and Environmental Awards kompetisie deelgeneem en was elke keer onder die top 50 en eenkeer 3de. Dit is later vervang met die Fujifilm Getaway Wildlife and Environmental Photo Awards, waar ek onder die kategorie insekte en reptiele ‘n toekenning verwerf het.
Ek kry net tyd om gedurende my vakansies aktief fotos te neem. Die oorsaak hiervan is dat ek begin spesialiseer het in natuurfotografie (diere, plante, insekte en natuurlandskappe). My geliefde bestemmings is die Kgalagadi (Mabuashehube), Etosha in Namibië en Hwange in Zimbabwe.

RADEMEYER, Cor

APSSA

My belangstelling in fotografie het begin toe my Pa ‘n kamera gekoop het waarvan die lens gefokus moes word deur twee beelde oormekaar te sinkroniseer. Die afstand tussen die fotograaf en die bvoorwerp kon dan van ‘n skaal op die lens afgelees word – dit het my gefasinieer. Op skool het ek ‘n Halina kamera gehad en kon darem sowat 2 skyfiefilms per jaar neem! Tydens my student jare  het ek geleer om swart en wit films te ontwikkel en ek het dan fotos gemaak in die badkamer van die koshuis. Na my studentejare het ek by AFO aangesluit. Louis Marais was die voorsitter en die byeenkomste in gehou by die destydse Tegniese Kollege in Kerkstraat. Koos Deloprt en Louis Knobel was aktiewe lede. Ek het die voorreg gehad om saam met Oom Louis Knobel en 4 ander persone in sentrale Kalahari in Botswana in te trek met ‘n bakkie en Land Rover, 44 gallon drom water, rol wors en ‘n sak meel. Hier het ons fotos van troppe Rooi hartebeeste, Springbokke en Leeus geneem en kon Boesmans fotografeer. Die ervaring het my belangstelling in fotografie gevestig. Na ongeveer 2 jaar het ek uitgetree uit AFO en my toegespits op verdere studie en navorsing in die Chemie veld. Gedurende 1990 het ek weer by AFO aangesluit. Willem Botha was voorsitter en ek het die jaar daarna op die bestuur gedien as die Korrel beampte. Peter Bellingham en myself het Korrel elke maand saamgestel en afgerol en dan gepos na die lede. Later was ek redakteur. Gedurende hierdie tyd het my belangstelling in natuur fotografie gekonsentreer op beide landskappe en  fauna. Na elke besoek aan Namibia, die Kalahari en ander natuurparke het hierdie belangstelling gegroei. Ek het ook donkerkamer ingerig en baie aangename ure daarin deurgebring. Weens my chemie agtergrond het ek baie ge-eksperimenteer met die samestelling van oplossings wat in ‘n donkerkamer gebruik word. Die fikseerder reuk van ‘n donkerkamer sal altyd ‘n aangename herindering wees. Jare later toe die digitale era in volle swaai was en ek my donkerkamer moes tot niet maak, wou niemand die toerusting koop nie – niemand wou dit eers gratis gehad het nie! Ek het ongeveer van 1992 tot 2009 op die Bestuur gedien oa as onder-voorsitter en drie jaar as voorsitter. Die eerste salon in SA wat ‘n kleur brosjure uitgegee het was die 1996 AFO salon waarvan ek direkteur was. Tydens my tweede tydperk as voorsitter het die verspreiding van Korrel ‘n probleem begin word beide finansieel en fisies. Toenemende hoeveelheid lede het begin om epos te gebruik. Die bestuur het gevolglik besluit om Korrel te versprei in die vorm van ‘n epos boodskap. Die besluit was nie gewild by sommige van die lede nie. Dit is jare later deur die webwerf vervang. Deur die jare was ek ‘n gereelde beoordeelaar by ander fotografieklubs, betrokke by PSSA as Noord-Gauteng se Direkteur en lid van die Uitvoerende Komitee. Verder het ek saam met wonderlike persone op die bestuur van AFO gedien en vriende geword met baie lede. Van my beste vriende was AFO lede. In 2007 is die AFO Goue Diensmedalje aan my toegeken. In 2009 is Lewenslange Lidmaatskap aan my toegeken. Gedurende 2020 het ek die vlak van Groot Meester bereik – die derde person wat dit by AFO kon behaal.

STEPHENS, Johan

LPSSA

Fotografie was slegs bedoel om n ontspannende stokperkie te wees, maar het my op interessante wee gevat. My eerste kennismaking met kameras was my ma wat met n Canon geskiet het. Sy was n vryskut fotojoernalis vir die Sunday Times, SAUK en verskeie plaaslike koerante op Carletonville, Ermelo en Rustenburg tussen 1966 en 1982.
Deur my hoerskool dae, universiteit en daarna het en altyd fotos geneem met n Codac boks kamera en het altyd uitgesien om n “regte” kamera te kan besit. In 2011 koop ek my D90 met die 18-200 lens op aanbeveling van n ou skoolmaat. Ek en Hannie het in September 2011 deur Namakwaland met die blomme seisoen getoer en is daarna Augrabies en Kgalagadi toe. In Kgalagadi het ek agter gekom dat die 18-200 nie heeltemal die ding doen met wildlewe nie en beplan om n Sigma 150-500 aan te skaf. Ek en Hannie het toe ook daarna by AFO aangesluit op n vriend se aanbeweging.
In 2012 sluit on sook aan by die SAAFMPC (South African Air Force Museum Photography Club). Francois Venter was toe die voorsitter vd SAAFMPC klub. Ek het begin om vliegtuie af te neem om my “panning” vir my wildslewe fotos te oefen deur teen baie lae sluiterspoed vliegtuie af te neem met my D3S. In September 3013 was by die  eerste “Sky Grand Prix” vir vliegtuie oor Durban se Noord Strand. Die redakteur van die SA Flyer, Guy Leitch het my fotos op Facebook raakgesien en my aangestel as n vryskut fotojoernalis. Nikon het my ook bygestaan deur enige lens wat ek wou gebruik vir my te leen. Dit was n ongelooflike leerskool met besonderse geleenthede wat ook werk vir die SAAF en SAAB ingesluit het tot en met my rug operasie in Junie 2017. My vriend Christo Crous is in 2015 beseer en kon vir n tyd nie n kamera met n lang lens hanteer nie en hy nomineer my toe om in sy plek vir SAAB waar neem. Die hoogtepunt was om die enigste fotograaf te wees tydens die SAAF se ontvangs vd laaste Gripen by Twee Eskader te Makhado. Die meeste van die fotos is ongelukkig nog steeds “geklasifiseerd” en slegs beskikbaar vir die gebruik van die SAAF en SAAB. Tussen 2013 en 2017 het die SA Flyer 145 fotos van my gepubliseer wat n voorblad, twee dubbel volblaaie en nog drie enkel volblad fotos ingesluit het. Guy Leich het my geleer wat sy standaarde vir n skerp foto is; hy sou n vliegtuig-foto neem, n klinknael n paar honderd keer vergroot op sy skerm en dan moet dit steeds koelrond wees.
In 2014 het ek ook op AFO se bestuur begin dien as onder-voorsitter en in 2015 is ek genomineer tot die PSSA direksie as bemarkingsdirekteur. Ek het ook by Madelene as AFO voorsitter oorgeneem in Oktober 2015 tot 2017. Die hoogte punt vir my en Madelene was toe AFO by die 2015 PSSA Club Mykonos kongres aangewys is as die nommer een fotografieklub in SA. Na my rugoperasie in 2017 het ek bedank uit die PSSA en AFO bestuur.
Fotografie het vir my geleenthede gebied om op plekke te kom waar ek nooit sou verwag om te kan wees nie. Sedert ek my eie besigheid op 1 Maart 2020 begin het is my tyd vir fotografie egter meer beperk en moet ek tyd maak om daarby uit te kom. Dit bly egter n wonderlike stokperdjie wat n mens altyd nederig maak sodra jy dink jy het dit baas geraak. Ek is ook geseend met n huweliksmaat wat my passie vir fotografie deel en self n baie bekwame fotograaf is, meester brons.

STEYN, Johan

APSSA, DPSSA(Cls)

In 2012 sluit on sook aan by die SAAFMPC (South African Air Force Museum Photography Club). Francois Venter was toe die voorsitter vd SAAFMPC klub. Ek het begin om vliegtuie af te neem om my “panning” vir my wildslewe fotos te oefen deur teen baie lae sluiterspoed vliegtuie af te neem met my D3S. In September 3013 was by die  eerste “Sky Grand Prix” vir vliegtuie oor Durban se Noord Strand. Die redakteur van die SA Flyer, Guy Leitch het my fotos op Facebook raakgesien en my aangestel as n vryskut fotojoernalis. Nikon het my ook bygestaan deur enige lens wat ek wou gebruik vir my te leen. Dit was n ongelooflike leerskool met besonderse geleenthede wat ook werk vir die SAAF en SAAB ingesluit het tot en met my rug operasie in Junie 2017. My vriend Christo Crous is in 2015 beseer en kon vir n tyd nie n kamera met n lang lens hanteer nie en hy nomineer my toe om in sy plek vir SAAB waar neem. Die hoogtepunt was om die enigste fotograaf te wees tydens die SAAF se ontvangs vd laaste Gripen by Twee Eskader te Makhado. Die meeste van die fotos is ongelukkig nog steeds “geklasifiseerd” en slegs beskikbaar vir die gebruik van die SAAF en SAAB. Tussen 2013 en 2017 het die SA Flyer 145 fotos van my gepubliseer wat n voorblad, twee dubbel volblaaie en nog drie enkel volblad fotos ingesluit het. Guy Leich het my geleer wat sy standaarde vir n skerp foto is; hy sou n vliegtuig-foto neem, n klinknael n paar honderd keer vergroot op sy skerm en dan moet dit steeds koelrond wees.

THUYNSMA, Frits

Fotografie het vir my geleenthede gebied om op plekke te kom waar ek nooit sou verwag om te kan wees nie. Sedert ek my eie besigheid op 1 Maart 2020 begin het is my tyd vir fotografie egter meer beperk en moet ek tyd maak om daarby uit te kom. Dit bly egter n wonderlike stokperdjie wat n mens altyd nederig maak sodra jy dink jy het dit baas geraak. Ek is ook geseend met n huweliksmaat wat my passie vir fotografie deel en self n baie bekwame fotograaf is, meester brons.

VAN DEN BERG, Hannes

LPSSA, DPSSA

My belangstelling in fotografie het begin in die laerskool waar ek gereeld gaan kyk het hoe my oupa foto's ontwikkel in die donkerkamer.  Hy het 'n drukkery gehad wat jaarblaaie vir skole, advertensies vir besighede en troukaartjies gedruk het.  Die hele proses was vir my baie interessant.  Op hoërskool het ek my eerste kamera gekry, 'n Kodak Brownie Target Six-16 swart-en-wit film bokskamera.  
My universiteitsjare was baie besig en fotografie was op die agtergrond.  Na my diensplig het ek begin werk en vir my 'n 8mm video kamera aangeskaf.  Ek het baie video geneem, veral natuurlewe en voëls.  Ek het ook trouvideo's geneem en verwerk, meestal vir familie en vriende.  Digitale kamera's het begin bekend raak en ek het vir my 'n goeie Sony model aangeskaf.  As gretige voëlkyker, het ek 'n kamera gesoek met voldoende zoom en natuurlik binne my begroting.  Digitale sensor tegnologie was daardie tyd nog in sy kinderskoene en ek sou nog ‘n paar keer opgradeer.
In 2011 koop ek my eerste DSLR kamera.  Dit was 'n Canon 550D.  In 2012 word ek deur Frits Thuynsma uitgenooi om 'n AFO klubaand by te woon en sluit ek toe aan by AFO.  Dis hier, tussen ander mede-fotograwe en vriende, waar ek baie geleer het van fotografie en vandag nog steeds leer.  In 2013 word ek deel van AFO se bestuur waar ek saam met Frits betrokke en verantwoordelik is vir die Punte, Projeksie en Kompetisies portefeulje.  Ek is nog steeds betrokke en geniet die klubwerksaamhede.  Ek is ook ‘n lid van PSSA.  
Ek neem gereeld aan nasionale en internasionale salonne/kompetisies deel en het al baie aanvaardings by salonne verwerf asook 'n hele aantal COM's.  Medaljes was my egter nog nie beskore nie.  In 2017 verwerf ek my LPSSA eretitel by PSSA.  Verder is ek ook deel van 'n AFO Helpmekaargroep waar ons mekaar se foto's beoordeel en sinvolle kommentaar gee en voorstelle maak om dit te verbeter.  Dit is 'n goeie leerskool en ook 'n geleentheid om idees uit te ruil.  Oor die jare het ek my kamera toerusting en lense opgegradeer om my fotografie aan te vul.
My voorkeur is om natuur en voëls af te neem, veral voëls.  Maar terselftertyd geniet ek ook die ander genres van fotografie.  Ek het al baie foto's by lugskoue geneem.  Makro fotografie is ook vir my baie lekker.  Ek geniet die insekte.  Verskeie sportsoorte al afgeneem, atletiek, roei, polo, pluimbal en dis ook vir my lekker.  Ek neem ook graag landskappe af wanneer ek die geleentheid kry.  Portret fotografie geniet ek ook maar verkies natuurlike lig.
Dit is lekker om jouself te kan meet teenoor ander met kompetisie deelname maar eintlik gaan dit vir my daaroor om fotografie as ‘n stokperdjie te geniet en die mooi oomblikke en tonele vas te vang in 'n foto.  En dan is dit ook lekker om hierdie passie met ander fotograwe te deel.  Dit is my storie en ek deel graag ‘n paar foto’s.

VAN DEN BERG, Riaan

DPSSA (mono+cls)

In 1990 het ek my eerste film mik-en-druk kamera gekoop en rond geploeter vir jare met min suksevolle fotos, dit was net om die oomblik vas te vang. Dit het so aangehou tot ek die wereld van digitale mik-en-druk kameras ontdek het in 2002 en die gogga het gebyt. Dit was sommer ‘n klein Sony Cybershot kamera wat ‘n allemuntigge 1 MP fotos kon neem. Hierdie Sony het later plek gemaak vir a nuwer Sony wat 3MP kon skiet in 2004 en is amper onmiddelik vervang met my eerste Canon 300D wat 6MP kon skiet. Die liefde vir die tegniese deel van die toerusting duur Voort.
Ek het nie een kreatiewe been in my lyf nie en moes eers die tegniese en wiskundigge werking verstaan voor ek regtig swak “perfekte” fotos kon neem. Die rekenaar verwerking en digital bestuur het amper vanselfsprekend vir my gekom en ek kom baie fotograwe al hiermee help. 
In September 2005 het ek by AFO aangesluit en my eerste fotos ingestuur en seker die eerste 1 ster fotograaf geword wat silwer verdien het (Ek sal nooit daai fotos vir iemand wys nie) Van daar het dit elke maand beter gegaan en ek kon by Meester vlak uitkom teen Junie 2011. Ja dit het my baie lank geneem want ek luister maar moeilik 😊
In 2012 het ons verhuis na die Strand en het ek vir ‘n tyd lank by ‘n ander klub gaan vlerksleep, maar altyd na AFO en sy mense verlang. Met die pandemie het AFO die heel beste besluit geneem om oor Zoom sy byeenkomste te hou en ek het onmiddellik teruggekeer na aansporing deur ‘n groot vriend en mede AFO lid.
My grootste fotografiese liefde is Landskappe en die Natuur, maar ek is bereid om enigiets af te neem (behalwe troues en mense en troeteldiere en kinders en…..)
Ek hou daarvan om die tegniese aspekte van fotografie te ondersoek en te kyk of ek dit kan baas raak. Panoramas wat HDR is met branders en watervalle klink mos bitter moeilik so dit trek my 😊
Ek probeer so gereeld as moontlik by salonne in te skryf en kon my DPSSA verwerf.
Ek is baie bevoorreg om die passie vir fotografie met Carima te deel, sy is ‘n baie beter fotograaf as ek.

VISSER, Trippie

LPSSA (kleur, afdrukke), DPSSA

Ek neem al van jongsaf foto’s en dit bly ‘n stokperdjie waarvoor ek baie lief is.
Ek is opgelei as ‘n radiografis, waar dit my werk was om x-straal foto’s te neem. Hierdie keer was dit van die menslike liggaam. Ek glo dat die fotografie-lus in my werk maar ook in my stokperdjie was.
Gelukkig kon ek dikwels oorsee foto’s neem. Ons het in 1975 vir 4 jaar in Brasilia, Brasiliё, gebly en daarna vir ‘n jaar in Austin, Texas. Ons dogter bly in Engeland en ons seun in New Zealand. Daar is dus gereeld geleenthede om na ander lande te reis.
My groot liefde in fotografie is landskappe en argitektuur.
Ek is al baie lank lid van AFO. Cor Rademeyer was voorsitter toe ek aangesluit het. Ek het ook die stryd beleef toe die ou lede niks van digitaal wou weet nie. Ons kon destyds skyfies en afdrukke inskryf. Ek het begin met kleur afdrukke en volgehou tot ek Meester behaal het. Kort daarna het AFO opgehou om afdrukke te beoordeel. Ek het daarna digitale inskrywings gedoen. AFO beteken so baie vir die lede. Dis verblydend om al die nuwe lede te sien wat aansluit.
bottom of page