top of page

Goue Meester  CV en galery

GREYLING, Johan

APSSA

29

Johan Greyling

Wat is fotografie vir my - Dit is n oomblik in tyd en n gebeurtenis wat ek nooit weer kan herhaal nie, goed of sleg!

My fotografie loopbaan het op die ouderdom van 14 jaar begin met my eie donker kamer waar ek swart en wit film ontwikkel het. Dit het natuurlik gevorder tot vandag waar ek top digitale kameras en lense bemeester het.

So 12 jaar gelede het n groot meester Cor Rademeyer my oortuig om by AFO te kom inloer. Nou 12 jaar later is ek nog steeds by AFO. Ek het ook soos meeste van ons as n 1ster begin en vandag is ek n Meester Diamand. Ek het ook die beskeie titel van APSSA by PSSA .

Ek het my in die laaste 15 jaar toegespits op wildlife en landskap fotografie.
Sedert 2008 tot 2018 het ek as n toergids en leier vir CNP Safaris fotograwe vir fotografie safaries geneem na Kgalagadi, Chobe, Etosha, Serengeti asook Masai Mara. Hierdie was n tyd waar ek my tegniese kennis asook my kennis van wildlewe kon oordra aan kliente van regoor die wereld. Ek het ook verskeie werkswinkels oor wildlife fotografie, hier en internasionaal aangebied.

Sedert 2018 doen ek my eie safaries na al hierdie bestemmings en ek deel my passie met elke fotograaf. Ek doen ook my eie drukwerk en drukwerk vir klieente tot so groot as Super A0 op my Epson 9890 drukker van papier tot Canvas.

Ek het ook n baie bree kennis van verskillende sagteware programme onder andere Photoshop, Lightroom, Aperture, Capture NX, On One, DXO Pro, Nik Sagteware asook Topaz modules. Vir my eie fotografie gebruik ek Lightroom en gebruik van die ander programme net as n aanvulling.
Ek doen Lightroom opleiding asook fasiliterings werk op n een tot een basis asook in groepe hier plaaslik asook internationaal.

Gedurende 2014 het ek die Goue Medalje as Wildlife Photographer of the Year gewen by PSSA en in 2013 was ek die runner up gewees vir die medalje. Intussen het ek ook verskeie goue medaljes in nationale en internationale salonne verwerf.

Dan seker een van die grootstes ek was gekroon as die 2014 Sunday Times Wildlife Photographer uit duisende inskrywings .

© Kopiereg op alle beelde
bottom of page