top of page

Goue Meester  CV en galery

HEYNS, Dirk

FPSSA, APSSA (v), DPSSA(v), EPSSA(MP), AFIAP

31

Ek is in 2011 deur Sybrand van Niekerk uitgenooi om ‘n AFO klubaand by te woon en vandat die eerste foto vertoon is, was ek gefassineer met klubfotografie.

In die eerste salon waarin ek as junior fotograaf ingeskryf het het ek een salon aanvaarding gekry en was in die wolke daaroor. In die volgende 12 salonne het ek egter GEEN aanvaarding gekry vir die 75 fotos wat ek altesaam ingeskryf het nie! Die kwaliteit van my fotos was gewoon nie goed genoeg nie, het ek geleer.

Ek het sederdien vir myself uitdagings gestel om betrokke te raak by salon inskrywings, by beoordeling op klubvlak, op salonvlak en was ook al ‘n paar keer bevoorreg om lid te wees van die paneel van twaalf fotograwe wat PSSA honneurspanele beoordeel.

Ek het ook sederdien ‘n fotografie diploma verwerf, want ek wou graag die tegniese aspekte van fotografie verstaan en het die volgende honeurspanele verwerf: ‘n LPSSA, twee APSSA’s, ‘n FPSSA, EPSSA, DPSSA (vers) en die internasionale AFIAP paneel vir aanvaardings in oorsese salonne.

Toe ek nog ‘n onderwyser was het een van my leerlinge, Sebastiaan Rothmann, begin boks en ek het die geleentheid bygewoon as toeskouer toe hy ‘n paar jaar later die Suid-Afrikaanse kampioen geword het. Die opwinding van topatlete wat teen mekaar deelneem het my aangegryp.en as fotograaf het ek dus later ‘n geleentheid benut om ‘n bokstoernooi af te neem. Hoewel my eerste pogings maar vrot was, het ek verdere bokstoernooie, EFC en skopboks toernooie begin bywoon en voortdurend gepoog om my tegnieke te verbeter.

Ek hou egter ook van natuurfotografie (voëls en Makro), portretfotografie en straatfotografie en om enigiets anders wat interessant is te kiek.

Ek het aan die begin van 2022 ‘n klompie lense ingeruil en ‘n Canon R6 mirrorless kamera met ‘n 100-500 RF lens saam met ‘n 2x extender aangeskaf, wat vir my groot vreugde verskaf. Dit is lig genoeg om sonder ‘n driepoot te gebruik, en op 1000 mm laat dit my toe om baie naby fotos van voëls, ens te neem, sonder al die nadele van die EF extenders terwyl dit hoë ISO – selfs 10 000 ISO en meer - baie goed hanteer.

As klubfotograaf kry mens voortdurend die geleentheid om met fotograwe wat kenners is op verskillende terreine te gesels en inligting uit te ruil.


Dirk Heyns

© Kopiereg op alle beelde
bottom of page