top of page

Goue Meester  CV en galery

JACKSON, Louise

LPSSA

32

Ek wil asb die stukkie wat ek geskryf het oor my fotografie ‘n bietjie aanpas asb. Veral om dit meer tydloos te maak. Hier is dit:

My belangstelling in fotografie het baie geleidelik gegroei. Neels het lank voor my begin, en ek het so een keer per jaar ‘n klubaand van AFO gaan bywoon. Die foto’s was baie mooi, maar ek het net gedink ek kan dit nie doen nie.
In September 2009 het ek aan ‘n 100 km stap in Namakwaland gaan deelneem en een van ons dogters se klein digitale mik-en-drukkameras geleen. Daar het ek agtergekom dat ek kort-kort tydens die staptog mooi “prentjies” raakgesien het en dit probeer fotografeer soos wat ek gesien het Neels dit doen. Met my terugkoms het Neels my eintlik in die klub ingeboender, onder protes en die res is geskiedenis. Ek is van 2010 af lid.
Met die beperkings van mik-en-druk het ek gou besef dat ek landskappe redelike lekker kan fotografeer en dit bly steeds een van my voorliefdes. Groter en beter kameras en lense oor die jare het dinge ook makliker gemaak.
AFO het ‘n groot rol gespeel in wat ek geleer het oor fotografie. Om kommentaar by klubaande te hoor en ander se tegnieke te sien, het my dikwels aan die dink gesit oor ander moontlikhede in fotografie. Maar ek het die heel meeste by Neels geleer en dan het ons ook ‘n groepie vriende wat een maal ‘n maand bymekaarkom en na mekaar se foto’s kyk en raad gee. Dis ‘n wonderlike leerskool!
In Maart 2017 het ek my LPSSA gekry. Vier van die foto’s hier onder het uit my LPSSA-paneel gekom – die olifante, bosveldfisante, witbaarsterretjie en die korbeelhuisstattrail.
Dit was ook lekker om ‘n paar jaar op AFO se bestuur te dien. Mens leer in die proses ook meer oor wat agter die skerms aangaan.
Ek geniet, saam met landskappe, ook enige natuurfotografie en fotojoernalistiek. Daar bly egter altyd nog iets om te leer, en daarvoor is ek baie dankbaar om aan AFO te behoort.

© Kopiereg op alle beelde
bottom of page