top of page

Goue Meester  CV en galery

STEPHENS, Johan

LPSSA

58

Fotografie was slegs bedoel om n ontspannende stokperkie te wees, maar het my op interessante wee gevat. My eerste kennismaking met kameras was my ma wat met n Canon geskiet het. Sy was n vryskut fotojoernalis vir die Sunday Times, SAUK en verskeie plaaslike koerante op Carletonville, Ermelo en Rustenburg tussen 1966 en 1982.
Deur my hoerskool dae, universiteit en daarna het en altyd fotos geneem met n Codac boks kamera en het altyd uitgesien om n “regte” kamera te kan besit. In 2011 koop ek my D90 met die 18-200 lens op aanbeveling van n ou skoolmaat. Ek en Hannie het in September 2011 deur Namakwaland met die blomme seisoen getoer en is daarna Augrabies en Kgalagadi toe. In Kgalagadi het ek agter gekom dat die 18-200 nie heeltemal die ding doen met wildlewe nie en beplan om n Sigma 150-500 aan te skaf. Ek en Hannie het toe ook daarna by AFO aangesluit op n vriend se aanbeweging.
In 2012 sluit on sook aan by die SAAFMPC (South African Air Force Museum Photography Club). Francois Venter was toe die voorsitter vd SAAFMPC klub. Ek het begin om vliegtuie af te neem om my “panning” vir my wildslewe fotos te oefen deur teen baie lae sluiterspoed vliegtuie af te neem met my D3S. In September 3013 was by die eerste “Sky Grand Prix” vir vliegtuie oor Durban se Noord Strand. Die redakteur van die SA Flyer, Guy Leitch het my fotos op Facebook raakgesien en my aangestel as n vryskut fotojoernalis. Nikon het my ook bygestaan deur enige lens wat ek wou gebruik vir my te leen. Dit was n ongelooflike leerskool met besonderse geleenthede wat ook werk vir die SAAF en SAAB ingesluit het tot en met my rug operasie in Junie 2017. My vriend Christo Crous is in 2015 beseer en kon vir n tyd nie n kamera met n lang lens hanteer nie en hy nomineer my toe om in sy plek vir SAAB waar neem. Die hoogtepunt was om die enigste fotograaf te wees tydens die SAAF se ontvangs vd laaste Gripen by Twee Eskader te Makhado. Die meeste van die fotos is ongelukkig nog steeds “geklasifiseerd” en slegs beskikbaar vir die gebruik van die SAAF en SAAB. Tussen 2013 en 2017 het die SA Flyer 145 fotos van my gepubliseer wat n voorblad, twee dubbel volblaaie en nog drie enkel volblad fotos ingesluit het. Guy Leich het my geleer wat sy standaarde vir n skerp foto is; hy sou n vliegtuig-foto neem, n klinknael n paar honderd keer vergroot op sy skerm en dan moet dit steeds koelrond wees.
In 2014 het ek ook op AFO se bestuur begin dien as onder-voorsitter en in 2015 is ek genomineer tot die PSSA direksie as bemarkingsdirekteur. Ek het ook by Madelene as AFO voorsitter oorgeneem in Oktober 2015 tot 2017. Die hoogte punt vir my en Madelene was toe AFO by die 2015 PSSA Club Mykonos kongres aangewys is as die nommer een fotografieklub in SA. Na my rugoperasie in 2017 het ek bedank uit die PSSA en AFO bestuur.
Fotografie het vir my geleenthede gebied om op plekke te kom waar ek nooit sou verwag om te kan wees nie. Sedert ek my eie besigheid op 1 Maart 2020 begin het is my tyd vir fotografie egter meer beperk en moet ek tyd maak om daarby uit te kom. Dit bly egter n wonderlike stokperdjie wat n mens altyd nederig maak sodra jy dink jy het dit baas geraak. Ek is ook geseend met n huweliksmaat wat my passie vir fotografie deel en self n baie bekwame fotograaf is, meester brons.

© Kopiereg op alle beelde
bottom of page