top of page

Goue Meester  CV en galery

JORDAAN, GB

FPSSA

34

Ek het ongeveer 14 jaar gelede, op aandrang van een van my vriende, vir my ‘n kamera gekoop, sommer net om ook ‘n kamera te hê. Daarmee saam het ek ook ‘n lekker 150-500mm zoom lens gekoop, sonder dat ek ‘n idee gehad het van F-stop, sluiterspoed en dies meer. Ek het besluit om ‘n kursus te gaan doen by National College of Photography en skielik het daar vir my ‘n nuwe wêreld oopgegaan. My fokus was aanvanklik op troufoto’s, maar dit het nie lank gehou nie.
Toe my oudste dogter hoërskool toe is, het ek, as gevolg van my ingebore liefde vir rugby, besluit om te gaan foto’s neem by hoërskool Centurion se rugbywedstryde en daar het die gogga behoorlik gebyt. Ek het verdere kursusse gedoen en later beter toerusting aangekoop. Ek ag myself baie gelukkig dat ek in 2008 die geleentheid gekry het om deur Rekord geakkrediteer te word vir ‘n rugbywedstyryd op Loftus. Daarna het akkreditasie op Ellispark gevolg en later ook by SA Rugby en SA Krieket.
My vriend Neels Jackson het my aangemoedig om by AFO aan te sluit en daar het ek ontsettend baie geleer. Ek het ook met ander fotografie- genres in aanraking gekom wat my kennis verder verbreed het.
Ek is trots om te kan sê dat beide my APSSA- en FPSSA- panele met die eerste probeerslag aanvaar is.
Bo en behalwe die kennis wat ek by die klub opgedoen het, het ek ook baie nuwe vriende gemaak. Dis lekker in die AFO-familie!

© Kopiereg op alle beelde
bottom of page