Goue Meester CV en galery
STEYN, Johan
APSSA, DPSSA(Cls)
Ek het op Universiteit begin met fotografie, so ongeveer 1978. Die koshuis het ‘n fasiliteit gehad om fotos te ontwikkel en een van die meer senior fotograwe in die koshuis het my touwys gemaak om fotos te ontwikkel, nadat ek ‘n klein aansluitings fooi betaal het. My kamera was a Pentax Spotmatic wat ek by my ma persent gekry het, en natuurlik swart en wit film die medium. Die fokus was maar studente aktiwiteite en koshuis sport vir die koshuis koerant en later die Universiteits koerant. Films was maar duur en so ook die chemikalieë om die ou swart en wit films te ontwikkel, maar as daardie foto begin lewe kry in die donker kamer vergeet ‘n mens van geld en kostes.
Baie jare het verloop voordat ek weer die kamera opgeneem het. In 2010 maak ek die besluit en belê ek in ‘n Canon 650D. Ek voltooi ‘n aanlyn Fotografie Diploma kursus wat ‘n baie goeie teoretiese grondslag gevorm het. Ek het die kamera goed verstaan en die teorie van die verskillende foto tegnieke onder die knie gehad. Kort daarna sluit ek by AFO aan, net om besef dat ek absoluut oor geen vernuf beskik nie. Die leerkurwe was baie styl, maar ek het vinnig geleer en baie goeie raad by die senior klublede gekry.
Die selfvertroue het maar aanvanklik ontbreek, maar nadat ek so ‘n paar medaljes op salonne gewen het, het ek besef dat die ure se studie en dae en maande se oefening, lees en luister na raad van ervare fotograwe wel gehelp het.
My voorkeur is landskappe en makro fotografie, maar geniet natuur ook baie
![]() | ![]() | ![]() |
---|---|---|
![]() | ![]() | ![]() |