top of page

Goue Meester  CV en galery

LIGTHELM, Andre

FPSSA, DPSSA

41

FOTOGRAFIE CV
ANNETTE LIGTHELM
FPSSA, DPSSA

Annette het ‘n groot liefde en waardering vir die natuur en die omgewing. Dit dien as inspirasie vir die beelding van die skoonheid en uniekheid van die Skepping. Voël- en wildlewefotografie is haar voorkeur onderwerpe.
Aanvullend tot natuurfotografie bied die besoeke aan natuurgebiede ook vir haar geleenthede vir makro- en landskapsfotografie. Haar en André se voorkeur destinasies is die semi-woestyn gebiede van Suid-Afrika, Namibië en Botswana.
Alhoewel sy hoofsaaklik in kleur werk, bied die beelde wat sterk kontraste en lyne toon, ideale geleenthede vir monochroomverwerking.
Haar werk reflekteer nie net ‘n harmonieuse binding van die tegniese aspekte van ‘n beeld soos beligting, komposisie en kleur nie, maar lê veral klem op die skepping van beelde wat skoonheid en dinamiese beweging in die natuur ontsluit.
Haar beelde het ook baie impak wat geskep word deur die gebruik van kontraste in kleur, patrone en lig met ‘n sterk fokuspunt wat veral beweging en aksie van voëls en diere uitlig. ‘n Belangrike kenmerk van haar beelde is ook minimum obstruksie van omliggende onderwerpe waardeur die hoofonderwerp en aktiwiteit sterk geaksentueer word.
Benewens meer as ‘n duisend nasionale en internasionale salonaanvaardings, wat talle medaljes en COM’s insluit, het sy ook al die Predicate Wisseltrofee vir die meeste digitale jaarpunte by AFO in 2017 en 2019 ontvang. Sy het reeds haar APSSA en FPSSA (digitaal) asook DPSSA verwerf. Annette het ook die PSSA Impala Trofee (goue medalje) vir die meeste salonpunte in die Natuurafdeling (2018) van PSSA ontvang. Sy verwerf ‘n tweede plek by AFO met die Legardo Photography toekenning van die PSSA Impala Trofee in 2019. Die verwerwing van die PSSA Impala Trofee word in die algemeen as ‘n besondere prestasie beskou. In 2020 ontvang Annette die Koos Delport Wisseltrofee as die Fotograaf van die Jaar. Daarmee saam ontvang sy ook die GGF Venter Wisseltrofee, toegeken vir die meeste digitale salonpunte (AFO, 2020), asook die Predicate Wisseltrofee, toegeken vir die meeste digitale jaarpunte (AFO, 2020).
Annette het in Januarie 2004 by AFO aangesluit en is dus reeds meer as vyftien jaar lid van die klub en die eerste dame in die geskiedenis van AFO wat die Senior Meester afdeling bereik.

© Kopiereg op alle beelde
bottom of page