top of page

Goue Meester  CV en galery

DE BEER, Henning

FPSSA

16

Henning de Beer FPSSA

Ek het in 1982 begin met fotografie. En het in 1983 vir die eerste keer aangesluit by AFO. Dit was die tyd toe Oom Koos Delport Voorsitter va AFO was. En hy was dan ook my groot leermeester en my fotografie "Idol"( as mens dit so kan stel).

My eertse kamera wat ek gehad het was 'n AGFA pinhole wat my pa my gegee het. Dit was letterlik net 'n sluiter en dit was dit (En daai sluiter was net een spoed). Ek het toe vir my 'n Nikon FG gekoop. Alles was net meganies en die enigste elektroniese hulp wat jy gehad het, was 'n ligmeter.

Dit was film dae en al verstellings wat jy kon maak was sluiterspoed en f-stop. Dan het jy maar verskillende ASA film gekies. Ek onthou hoe ook Koos ons eenkeer met opleiding 'n rolletjie film met met 12 eksposures gegee het en vir ons gesê het as jy uit daardie 12 fotos 10 goud kan kry, eers dan kan jy jouself 'n fotograaf noem. Was nogal 'n skok op die sisteem van 'n jong man.

So deur die jare het ek heelwat toekennings en medaljes gekry vir my werk en van dag word van my fotos wêreldwyd verkoop en gepubliseer. Daar was ook al van my fotos onder die finaliste vir die "Wildlife Photographer of the year" van "Natural History Museum". Ongelukkig kon ek nog nooit verder deurdring nie. Die foto van die Kraai op die karkas was een van die finaliste (Hy het by AFO die aand 'n brons gekry)

Die foto van die Olifant was ook op 'n stadium aangewys as een van die gewildste fotos op National Geogrphic.

Ek was dan ook 'n paar jaar terug bevoorreg dat 'n Amerikaans TV stasie my gekontak het vir 'n onderhoud. Hulle het 'n program gehad met die naam "Aperture priority" waarin hulle 12 fotograwe wêreldwyd gekies het en dan 'n program gemaak het oor jou fotografie. Dus was dit 12 episodes. (Ek weet nie hoe dit gekom het dat hulle juis vir my gekies het nie, want daar is darem uitstekende fotograwe daarbuite). Maar ek het dit ook nie afgewys nie. Dit was 'n 25 minute program waarin hulle met my gesels het en dan van my fotos gewys het. Die program was blykbaar gebeeldsent in 200 lande. (Aangeheg is 'n foto van my op die stel met die opnames)

Ek gee vandag nog fotografie werkwinkels en reel dan ook fotografie safaries in die vorm van 'n werkswinkel. Ek vertrek juis die 21 ste Augustus na Zimbabwe en Botswana waar ek 'n groep van 12 Amerikaners het met 'n werkswinkel wat ek aanbied. Ek doen dit in samewerking met die wêreld bekende landskap fotograaf - Don Smith. Hy het meer as 'n miljoen volgelinge op sosiale media. So AFO lede moet maar uitkyk wanneer ek weer 'n safarie reel of 'n werkswinkel aanbied.

© Kopiereg op alle beelde
bottom of page