top of page

Goue Meester  CV en galery

DU PLESSIS, Anoet

APSSA

24

Ek het 10 km van die Malelane Krugerpark hek op ‘n plaas groot geword en my Ma het ons gereeld vir ‘n Wildtuin uitstappie geneem, vandaar my belangstelling in wildfotografie. Valiant Swart se “Sonvanger” is egter my inspirasie vir fotografie. Dit is wel geskryf na die dood van Johannes Kerkorrel, (wie se musiekkonsert ek in 1991 bygewoon het), maar vir my het dit hierdie boodskap: GRYP DIE DAG / OOMBLIK / ERVARING / LEWE VAS. Die naamwoord “phos, fotos”, word nie verniet van Grieks vertaal as “lig” nie.
My belangstelling in fotografie het ek as 13 jarige by my Pa geleer. Hy het self graag fotos van sy baie kinders geneem en my op sy Konica Autoreflex - waarop sy naam gegrafeer was - touwys gemaak.
By Tuks het ek Inligtingsontwerp studeer waar my fotografie verder gevorder het – ons moes self ons fotos in ‘n donkerkamer ontwikkel en o.a. ook ‘n “pinhole” kamera bou waarmee ons fotos moes neem.
Na Universiteit is ek getroud en toe kry ek baie nuwe geleethede met die byvoeging van ons twee dogters, Letchen en Isabella. In 2005 gee my liewe man Wikus my eerste digitale kamera Canon 350D met ‘n 28 – 300 mm lens vir my en ek neem my eerste IMG_000.JPG digitale foto van my dogter Isabella. In die begin was ek streng perfek en het glad nie my aan .JPG fotos gekarring nie. Gelukkig het ek intussen die perfekte RAW lig gesien.
In 2021 kry ek ‘n Canon R6 mirrorless kamera vir my verjaardag en kyk nou net vorentoe vir nog “FOTOGENIESE” ervarings. Na elke toer ontwerp ek ook graag ‘n fotoboek sodat ons gereeld daarna kan kyk. Van Wikus af ook my fotografiese wenk: as jy die son sien opkom is jy besig om iets wonderlik te ervaar.

Volg my gerus op instagram @anoetshoot

© Kopiereg op alle beelde
bottom of page