top of page

Goue Meester  CV en galery

VAN DEN BERG, Riaan

DPSSA (mono+cls)

65

In 1990 het ek my eerste film mik-en-druk kamera gekoop en rond geploeter vir jare met min suksevolle fotos, dit was net om die oomblik vas te vang. Dit het so aangehou tot ek die wereld van digitale mik-en-druk kameras ontdek het in 2002 en die gogga het gebyt. Dit was sommer ‘n klein Sony Cybershot kamera wat ‘n allemuntigge 1 MP fotos kon neem. Hierdie Sony het later plek gemaak vir a nuwer Sony wat 3MP kon skiet in 2004 en is amper onmiddelik vervang met my eerste Canon 300D wat 6MP kon skiet. Die liefde vir die tegniese deel van die toerusting duur Voort.
Ek het nie een kreatiewe been in my lyf nie en moes eers die tegniese en wiskundigge werking verstaan voor ek regtig swak “perfekte” fotos kon neem. Die rekenaar verwerking en digital bestuur het amper vanselfsprekend vir my gekom en ek kom baie fotograwe al hiermee help.
In September 2005 het ek by AFO aangesluit en my eerste fotos ingestuur en seker die eerste 1 ster fotograaf geword wat silwer verdien het (Ek sal nooit daai fotos vir iemand wys nie) Van daar het dit elke maand beter gegaan en ek kon by Meester vlak uitkom teen Junie 2011. Ja dit het my baie lank geneem want ek luister maar moeilik 😊
In 2012 het ons verhuis na die Strand en het ek vir ‘n tyd lank by ‘n ander klub gaan vlerksleep, maar altyd na AFO en sy mense verlang. Met die pandemie het AFO die heel beste besluit geneem om oor Zoom sy byeenkomste te hou en ek het onmiddellik teruggekeer na aansporing deur ‘n groot vriend en mede AFO lid.
My grootste fotografiese liefde is Landskappe en die Natuur, maar ek is bereid om enigiets af te neem (behalwe troues en mense en troeteldiere en kinders en…..)
Ek hou daarvan om die tegniese aspekte van fotografie te ondersoek en te kyk of ek dit kan baas raak. Panoramas wat HDR is met branders en watervalle klink mos bitter moeilik so dit trek my 😊
Ek probeer so gereeld as moontlik by salonne in te skryf en kon my DPSSA verwerf.
Ek is baie bevoorreg om die passie vir fotografie met Carima te deel, sy is ‘n baie beter fotograaf as ek.

© Kopiereg op alle beelde
bottom of page