AFO Jaarprogram vir 2025
Die beoordeelaars en die temas vir spesifieke aande sal ook op Kennisgewingbord op die Tuisblad aangekondig word.
Vir AFO se maandelikse byeenkomste kan elke lid telkens drie foto's inskryf wat volgens keuse versprei kan word oor die verskillende kategorie". Die vyf vaste kategorie wat elke maand beskikbaar is, is Natuur (behalwe voe"ls), Natuur (slegs voe"ls), Landskappe, Sport en Piktoriaal. Daarby is daar elke maand nog een roterende kategorie. Sommige maande is daar ook 'n voorgeskrewe onderwerp. Dan mag elke lid een bykomende foto in daardie kategorie inskryf.
20 Januarie 2025
Roterende kategorie: Visuele kuns
Voorgeskrewe onderwerp: Nagfoto’s. Enige foto wat buite, in die nag geneem word. Die beligting in die foto moet van so aard wees, dat dit duidelik is dat die foto in die nag geneem is. Sonsopkomste en sonsondergange word uitgesluit. Kleur en monochroom is aanvaarbaar. Manipulasie word toegelaat.
10 Februarie 2025
Roterende kategorie: Monochroom
* Algemene Jaarvergadering
3 Maart 2025
Roterende kategorie: Makro
Voorgeskrewe Onderwerp: Doelbewuste kamera beweging
‘n Fotografiese tegniek waarin ‘n redelik stadige sluiterspoed gebruik word, gepaardgaande met doelbewuste beweging van die kamera in ‘n vertikale of horisontale rigting. Die doel is om ‘n foto te skep wat abstrak en redelik minimalisties vertoon. Die foto vertoon dikwels meer impressionisties as realisties. Geen manipulasie toegelaat nie
7 April 2025
Roterende kategorie: Menslike Portrette
5 Mei 2025
Roterende kategorie: Monochroom
Minireeks
‘n Reeks van 3 tot 5 foto’s wat ‘n storie vertel. Beide die storiewaarde en die kwaliteit van fotografie word in ag geneem. Dit mag nie ‘n groep foto’s wat bekom is deur die sluiter aaneenlopend in hoë spoed modus te aktiveer, wees nie (In Engels: “Photo burst”)
2 Junie 2025
Roterende kategorie: Fotojoernalistiek
21 Julie 2025
Roterende kategorie: Visuele kuns
Voorgeskrewe Onderwerp: Diereportrette
Hierdie is ‘n natuurkategorie. Al die reels wat geldig is vir natuurfoto’s, is hier van toepassing. Die portret kan slegs die kop of die dier se hele lyf weergee. Geen manipulasie toegelaat nie
11 Augustus 2025
Roterende kategorie: Monochroom
Voorgeskrewe onderwerp: Ons vier Afrikaans
Die Afrikaanse taal is 100 jaar oud!
Beeld ‘n eg Afrikaanse woord uit deur middel van ‘n foto.
Die WOORD moet die TITEL van jou foto wees.
Kies ‘n heerlike “rol-op-die-tong-warm-onder-die -hart-woord” soos “suikerklontjie’ of “karnallie” of enige heerlike Afrikaanse woord waaraan jy kan dink
1 September 2025
Roterende kategorie: Makro
Voorgeskrewe onderwerp: Advertensies
Skep ‘n advertensie deur die samestelling van beeld(e) en teks. Die outeur kan enige iets adverteer. Vindingrykheid, uitleg en impak is die wagwoorde
​
13 Saterdag
Jaareindfunksie en prysuitdeling
13 Oktober 2025
Roterende kategorie: Menslike portrette
3 November 2025
Roterende kategorie: Monochroom
Voorgeskrewe onderwerp: Tuinvoëls
Hierdie is ‘n natuurkategorie. Al die reels wat geldig is vir natuurfoto’s, is hier van toepassing. Die doel is om ons gewone tuinvoëls ook ‘n plekkie in die son te gee, asook om al ons fotograwe wat Jan Tuisbly se karretjie bestuur, ‘n gelyke kans te gee. Geen manipulasie toegelaat nie
1 Desember 2025
Roterende kategorie: Fotojoernalistiek
12 Januarie 2026
Roterende kategorie: Visuele kuns
Voorgeskrewe onderwerp: Uit toeka se dae
Enige beeld wat ‘n onderwerp uitbeeld uit “Toeka se dae”, is aanvaarbaar.
2 Februarie 2026
Roterende kategorie: Monochroom
* Algemene Jaarvergadering​​​​​​​
​