top of page

Aanvullende Prysuitdeling 2025

Spesiale Prysuitdeling Kategoriewenners 2025

 

Ons deel ’n ongelooflike stokperdjie — fotografie — en soos julle weet, is dit een van daardie dinge waar alles soms perfek verloop… en soms glad nie. ’n Beligting wat jou in die steek laat, ’n fokus wat nie skerp is nie, of daardie skoot wat jy wou kry, maar toe op die verkeerde verstelling geneem het.

Net so gebeur foute ook in administrasie. Ons het ’n berekeningsfout vir die vorige prysuitdeling gemaak. Ons almal maak foute, en dit is deel van hoe ons leer en groei — in fotografie én in die lewe.

In Japan is daar ’n kunsvorm genaamd kintsugi, waar kunstenaars die krake in gebreekte porselein met goud herstel. Die fout word nie versteek nie; dit word deel van die geskiedenis, en maak die stuk selfs mooier. Ons wou die fout regstel en daarmee ook ons klub se karakter — integriteit, nederigheid en samehorigheid bevestig.

Die fout wat ons gemaak het kan ook ’n goue kraak wees — iets wat wys dat ons klub nie net talent het nie, maar ook volwassenheid en ’n sterk kultuur. Baie geluk aan al die wenners.

Die medaljes is op Saterdag 15 November 2025 tydens ’n informele funksie oorhandig. Die fotos hieronder is tydens die geleentheid geneem.

bottom of page