AFO Jaareindfunksie - 2025
Jaareindfunksie rede deur Koos Marais - Voorsitter
​
Ons het ons fotografiese jaar op Saterdag 13 September afgesluit met ’n vrolike fees in die Arthossaal. Dit is gewoonlik die jaar se hoogtepunt en danksy die hele bestuurskomitee se harde werk was vanjaar geen uitsondering nie.
Frits Thuynsma en Hannes van den Bergh het gesorg vir die sappige biefstuk, vars van die kole terwyl ondervoorsitter Ona Ackermann en haar span die slaai, pikante brood en nagereg verskaf het.
Voorsitter Koos Marais het die feesrede gelewer en die pryswenners aangekondig. Christiaan Kotze het die foto’s geneem.
Die hoogtepunt van hoogtepunte was die sosiale verkeer tussen die lede. Hierdie funksie is die groot geleentheid waartydens lede mekaar se suksesse kan vier, kan kuier en gesels. Ons sien klaar uit na volgende jaar se funksie. Hou die datum van 12 September 2026 nou reeds oop in jou dagboek.
Na nog ’n jaar waarin ons ons liefde vir die vasvang van lig en van oomblikke gestol in tyd met mekaar gedeel het, is ek daaraan herinner dat fotografie en die digkuns broers uit dieselfde gesin is. Albei dissiplines streef daarna om te beliggaam en uit te beeld dit wat ons woorde en oë nie by magte is om te doen nie.
Verse en rym is die lyf van ’n gedig
Ons gesin skryf met skadu en lig
Albei soekend na skoonheid en klaarheid
Albei roepend na die waarheid
Fotografie is gedigte sonder woorde. Die klik van die sluiter is ’n strofe, jou komposisie is jou vers. Elke foto is ’n gedig wat ons nie met ons mond lees nie, maar met ons oë en harte.
Soos wat die digter woorde kies, kies die fotograaf ‘n lens, sluiterspoed en lensopening. Soos die digter ritme bou skep die fotograaf vloeiende lyne en komposisie. Die digter soek sin en waarheid, net soos die fotograaf.
Albei is maniere om die wêreld te distilleer, die onnodige dele weg te sny en slegs die noodsaaklike dele te behou.
Hierdie jaar by AFO het ons weer gedigte met beelde gemaak. Party van ons het dit in die wye natuur met landskapstonele gedoen, ander het gekies om klein, feitlik mikroskopiese besonderhede van die skepping uit te beeld. Ander het weer gepoog om die mens in al sy naaktheid, broosheid, krag en prestasies te wys. Ons het almal daarin geslaag om stories te vertel wat woorde nooit sou kon doen nie. Elke foto het ’n storie vertel, ja selfs elke foto van ’n rooibok in die Krugerwildtuin of sebra in Rietvlei. Elke foto het stilweg getuig van ure se toewyding, oefening en geduld.
En wanneer ons vanaand uitnemendheid vier mag ek jullle daaraan herinner dat elke foto, ongeag of dit ’n wenfoto was of nie, ’n gedig is, ’n geskenk wat jy vir ons en vir die res van die wêreld gegee het.
​
Elke gedig is ’n beeld
Elke foto is ’n vers
Albei hou die tydelike gevange
Albei hou aan leef, lank na hulle tyd
​
Laat ons dié wat vanjaar uitgestaan het vereer, nie net vir hulle meesterlike tegniek nie, maar veral vir daardie skaars, rare gawe om ons te laat voel, om ons te laat stilstaan, en om ons nuut te laat sien en dink.
Ek drink vanaand ’n heildronk op die AFO familie, op elke digter van lig onder ons, op die skoonheid wat ons vasgevang het en op die herinneringe wat ons verewig en gedeel het. En laastens op die belofte van nog ’n jaar wat wag om in lig geskryf te word
Jaareind resultate 2025
1. Wisseltrofeë wenners vir 2025
1. Fotograaf van die Jaar 2025
Natuur
Goud, Eerste Plek: Andre Ligthelm
Silwer, Tweede Plek: Annette Ligthelm
Brons, Derde Plek: Johan Greyling
​​
Voëls
Goud, Eerste Plek: Tania Cholwich
Silwer, Tweede Plek: Hennie Niemand
Brons, Derde Plek: Neels Jackson
​
Sport
Goud, Eerste Plek: GB Jordaan
Silwer, Tweede Plek: Johan Orton
Brons, Derde Plek: Christiaan Kotze
Landskappe
Goud, Eerste Plek: Rina Hattingh
Silwer, Tweede Plek: Riaan van den Berg
Brons, Derde Plek: Frits Tuynsma
​
Piktoriaal
Goud, Eerste Plek: Ryno Eksteen
Silwer, Tweede Plek: Hannes van den Berg
Brons, Derde Plek: Carima van den Berg
2. Foto's van die jaar: 2025
1. Natuur
Goud, Eerste Plek: Annette Ligthelm
Silwer, Tweede Plek: Hennie Niemand - Leeuwelpies
Brons, Derde Plek: Elzabe Bogenhofer - Pasgebore
2. Voëls
Goud, Eerste Plek: Tania Cholwich Pelican In Golden Light
Silwer, Tweede Plek: Johan Greyling Ek Het Jou
Brons, Derde Plek: Pieter Jordaan Wat Vertel Jy My Nou
3. Piktoriaal
Goud, Eerste Plek: Anoet Du Plessis - Lpssa13
Silwer, Tweede Plek: Christiaan Kotze - Eiffel Tower With Beach Volleyball Arena pano
Brons, Derde Plek: Tania Cholwich - Poverty
4. Sport
Goud, Eerste Plek: Christiaan Kotze - Caitlyn Rooskrans
Silwer, Tweede Plek: Johan Orton - Wat Se Jy Oor My Ma
Brons, Derde Plek: Carien Kruger - Iron Man 22 Rehydrating
Brons, Derde Plek: Christiaan Kotze - Para Slow Long Jump
Brons, Derde Plek: Riaan Van Den Berg - M27 Leader
5. Landskappe
Goud, Eerste Plek: Cor Rademeyer - Gletserheuwel
Silwer, Tweede Plek: Henning De Beer - Daybreak
Silwer, Tweede Plek: Riaan Van Den Berg - Dana Bay Rocky Sunset
Brons, Derde Plek: Rina Hattingh - Mountain Stream
6. Monochroom
Goud, Eerste Plek: Christiaan Kotze - Parallel Bars
Silwer, Tweede Plek: Tania Cholwich - Droplets
Brons, Derde Plek: Pieter Jordaan Harvard Duo
7. Makrofotografie
Goud, Eerste Plek: Hennie Niemand - Waterjuffers
Silwer, Tweede Plek: Pieter Jordaan Robber - Fly Breakfast
Brons, Derde Plek: Pieter Jordaan Geel - Naaldekoker
8. Fotojoernalistiek
Goud, Eerste Plek: Pieter Jordaan - Die Mensfaktor
Silwer, Tweede Plek: Neels Jackson - In Vlug
Brons, Derde Plek: Humphrey Lewis - Man Against Fire
9. Menslike Portrette
Goud, Eerste Plek: Neels Jackson - Broer Andrew
Silwer, Tweede Plek: GB Jordaan - Simone At Sunset
Brons, Derde Plek: Amanda Ellis - Reminiscing On The Past
10. Visuele Kuns
Goud, Eerste Plek: Christiaan Kotze Japan
3. Trofeewenners 2025
​
Beste Prestasie in Impalatrofee (Legado wisseltrofee)
Brons: Derde Plek Pieter Jordaan
Silwer: Tweede Plek Dirk Heyns
Goud: Eerste Plek Riaan van den Berg
Meeste Salonpunte (GGF Venter wisseltrofee)
Brons: Derde Plek Ona Ackerman
Silwer: Tweede Plek Pieter Jordaan
Goud: Eerste Plek Dirk Heyns
Meeste Jaarpunte (Predicate wisseltrofee)
Brons: Derde Plek Neels Jackson
Silwer: Tweede Plek Tania Cholwich
Goud: Eerste Plek Pieter Jordaan
Beste Veelsydige Fotograaf 2025 (Louis Marais wisseltrofee)
Brons: Derde Plek Louise Jackson
Silwer: Tweede Plek Carien Kruger
Goud: Eerste Plek Neels Jackson
Fotograaf van die Jaar (junior) (AFO wisseltrofee)
Brons: Derde Plek Lydia Wolmarans
Silwer: Tweede Plek Rodney van Soest
Goud: Eerste Plek Pieter Jordaan
Fotograaf van die Jaar (senior) (Koos Delport wisseltrofee)
Brons: Derde Plek Christiaan Kotze
Silwer: Tweede Plek Dirk Heyns
Goud: Eerste Plek Riaan van den Berg
4. Foto's wat tydens die funksie geneem is
https://photos.app.goo.gl/2hffyJyYFBPNa6Yz8
of ook:
https://drive.google.com/drive/folders/1FX5z-HRq70tcK44w8RUkGrBqTie6LDqw?usp=sharing
en ook:
Klik hier vir foto's wat tydens die addisionele funksie geneem is.
​
5. Wen foto's van 2025
Natuur

Wenner: Annette Ligthelm - Follow the example

Tweede plek: Hennie Niemand - Leeuwelpies

Derde plek: Elzabe Bogenhofer - Pas gebore
Voëls

Wenner: Tania Cholwich - In Golden Light

Tweede plek: Johan Greyling - Ek het jou

Derde plek: Pieter Jordaan - Wat vertel jy my nou
Piktoriaal

Wenner: Anoet du Plessis - Lpssa13

Tweede plek: Christiaan Kotze - Eiffel Tower with beach volleyball Arena pano

Derde plek: Tania Cholwich - Poverty
Sport

Wenner: Christiaan Kotze - Caitlyn Rooskrans

Tweede plek: Johan Orton - Wat sê jy oor my Ma

Derde plek: Carien Kruger - Rehydrating

Derde plek: Christiaan Kotze - Para Slow Long Jumping

Derde plek: Riaan van den Berg - M27 Leader
Landskappe

Wenner: Cor Rademeyer - Gletserheuwel

Tweede plek: Henning de Beer - Daybreak

Tweede plek: Riaan van den Berg - Dana Bay Rocky Sunset

Derde plek: Rina Hattingh - Mountain Stream
Monochroom

Wenner: Christiaan Kotze - Parallel Bars

Tweede plek: Tania Cholwich - Droplets

Derde plek: Pieter Jordaan - Harvard due
Makrofotografie

Wenner: Hennie Niemand- Waterjuffers

Tweede plek: Pieter Jordaan - Robber fly breakfast

Derde plek: Pieter Jordaan - Geel naaldekoker
Fotojoernalistiek

Wenner: Pieter Jordaan - Die mens faktor

Tweede plek: Neels Jackson - In vlug

Derde plek: Humphrey Lewis - Man against fire
Menslike portrette

Wenner: Neels Jackson - Broer Andrew

Tweede plek: GB Jordaan - Simone at sunset

Derde plek: Amanda Ellis - Reminiscing on the past
Visuele kuns

Wenner: Christiaan Kotze - Japan

