top of page

Goue Meester  CV en galery

CHOLWICH, Tania

FPSSA, DPSSA(vers)

13

My liefde vir fotografie het sowat 10 jaar terug ontwikkel en nou is daar geen terug draai nie !!

Fotografie is my passie en siels terapie wat my na ongelooflike mooi plekke in Afrika neem.
Van die wye grasvlaktes van die Serengeti, die rooi duine van die Kgalagadi, die wonder van die Masai Mara Migrasie tot onglooflike mooie Chobe !!!

Fotografie het my verander van n stadsmens wat versot was op die vinnige ritme van die stads lewe na iemand wat se hart hunker na die bosveldvuur met sy sterre hemel, natuur skoon en die maanlig wat dans in die Afrika nagte.

My “gevoel” vir natuur fotografie het ontstaan as gevolg van my ingebore liefde en respek vir Afrika se natuur en diere rykdom.

Dis reeds in Botswana waar ek my onbeskryflike liefde vir olifante ontdek het. Die olifant is sonder twyfel my gunsteling dier in die skepping.

Naas Natuur fotografie het ek ook n baie sterk gevoel vir mense en kinders.
Hierdie is weer n ander tipe fotografie uitdaging om die siel van die mense vas te vang deur hul oë.

Ek is n trotse lid van AFO en PSSA sedert 2010.
Gedurende die tydperk het ek my LPSSA, APSSA(Vers), DPSSA(Vers) en FPSSA voltooi.
Ek het ook verkeie aanvaardings, erkennings en medaljes op internasional vlak verwerf.


Fotografie bly vir my n uitdaging en n leer proses. Elke keer as ek my kamera optel, bied dit vir my n nuwe geleentheid om die tydlose oomblik vir ewig vas te vang.

Webtuiste: https://taniacholwich.com

© Kopiereg op alle beelde
bottom of page