top of page

Goue Meester  CV en galery

MADER, Johann

FPSSA

44

Johann Mader
Fotografie hoogtepunte
- Ek is ’n lid van AFO fotografieklub sedert 1997, 22 jaar. Een jaar het ek ook as voorsitter gedien en vele jare op die bestuur gedien. Dit was van my besonderste tye in fotografie , aangesien ons klub’n baie groot aantal top natuur fotograwe opgelewer het op daardie tydstip. Dit glo ek , het vir my die mentorskap en grondslag gelȇ vir my toekomstige fotografie. Die oorskakeling na digitale fotografie was ook ’n interesante tyd om die veranderinge wat dit teweeggebring het, baas te raak.
- Ek het my APSSA en ook my FPSSA titels in Natuur skyfies behaal. Met die oorskakeling na digitaal het ek reeds vroeg my FPSSA titel in digitale natuur gekry. Ek het ook vele ander lokale “AGFA” awards gewen en het verskeie fotos gehad wat in Getaway gepubliseer was. Ek neem nog steeds fluks aan nasionale salonne deel.
- My persoonlike hoogtepunt was om skyfie beelde, wat in drie afsonderlike jare, in die jaarlikse WIldlife photographer of the year (WPOY) publikasie gekies was. (2001,2004,2006).
- Ek spits my fotografie grootliks op natuurlewe toe. Soos geleenthede in natuur afspeel probeer ek dit vasvang en natuurlik weergee. Ek probeer nie fokus op net een element nie , maar op alle forme soos landskappe, makro, voëls en diere. Ek beskou dit as ’n gelukspakkie as goeie geleenthede opduik, wat natuurlik heeltemal onvoorspelbaar is. Om daardie spesifieke tydstip van natuur te kan vasvang in ’n goeie beeld is wat my nog al die jare dryf en te deel met ander. ’n Fantastiese voorreg!!
- Tans probeer ek die artistiese kant van natuur fotografie bemeester. Dit het sy tekortkominge , aangesien ek glo natuur beelde moet met goeie smaak en nie met oordrewe manipulasie aangebied word nie.

© Kopiereg op alle beelde
bottom of page